Wikiversity

Wysig skakels
Republiek Niger
  • République du Niger  (Frans)
Vlag van Niger Wapen van Niger
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Fraternité, Travail, Progrès
(Frans vir: "Broederskap, Arbeid, Vooruitgang")
Volkslied: La Nigérienne
(Frans vir: "Die Nigeriese")
Ligging van Niger
Hoofstad Niamey

13°32′N 2°5′O / 13.533°N 2.083°O / 13.533; 2.083

Grootste stad Niamey
Amptelike tale Frans
Regering Eenheidsrepubliek
onder 'n militêre junta
Omar Tchiani
Ali Lamine Zeine
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Huidige grondwet
van Frankryk
3 Augustus 1960
31 Oktober 2010
(opgeskort op 26 Julie 2023)
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 267 000 km2  (21ste)
489 000 myl2
0,02
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
24 112 753 (57ste)
17 138 707
12,1 / km2
31,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$33,134 miljard[1] (140ste)
$1 318[1] (183ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$14,259 miljard[1] (136ste)
$567[1] (179ste)

MOI (2019) 0,394[2] (189ste)  –  laag
Gini (2014) 34,3[3](70ste) –  hoog
Geldeenheid CFA-frank (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .ne
Skakelkode +227

Niger (Frans: [niʒɛʁ], ), amptelik die Republiek Niger (République du Niger), is 'n Wes-Afrikaanse landingeslote land suid van die Sahara. Niger se naam is ontleen aan die Nigerrivier wat deur die gebied vloei, en is ook geleë in die Sahel. Dit grens aan Nigerië en Benin in die suide, Burkina Faso en Mali in die weste, Algerië en Libië in die noorde en Tsjad in die ooste. Die hoofstad en grootste stad is Niamey.

Etimologie

Die landnaam is afgelei van die Nigerrivier wat deur die weste van die land vloei; die oorsprong van die riviernaam is egter onbekend, maar volgens 'n gewilde teorie is dit afgelei van die Toearegwoord n'eghirren wat "vloeiende water" beteken.[4]

Geskiedenis

Antieke rotstekeninge van troppe kameelperde, steenbokke en ander diere in die suidelike Sahara naby Tiguidit, Niger
Die Groot Moskee van Agadez in Niger

Redelike inligting dui aan dat menslike inwoners die gebied wat vandag die amper onbewoonbare Sahara van noordelike Niger geword het, ongeveer 600 000 jaar gelede bewoon het. Niger was 'n belangrike ekonomiese kruispad, en die ryke van Songhai, Mali, Gao, Kanem en Bornu, asook 'n aantal Hausa-state, het beheer oor gedeeltes van die gebied uitgeoefen.

Gedurende onlangse eeue het die nomadiese Toearegs groot konfederasies gevorm, suidwaarts gestoot en aan die kant van verskeie Hausa-state in konflik gekom met die Fulani-Ryk van Sokoto, wat beheer van groot dele van Hausa-gebied verkry het in die laat 18de eeu.

Koloniale tydperk (1900–1958)

In die 19de eeu het kontak met die Weste begin met die verkenning van die gebied deur Europese verkenners – noemenswaardig is veral Mungo Park en Heinrich Barth – wat op soek was na die oorsprong van die Nigerrivier. Alhoewel Franse pogings tot bevreeding voor 1900 begin het, kon etniese splintergroepe, veral die Toearegs-woestynbewoners, nie onder beheer gebring word tot 1922 nie, toe Niger 'n Franse kolonie geword het.

Niger se koloniale geskiedenis en ontwikkeling parallel die van ander Frans-Wes-Afrikaanse gebiede. Frankryk het sy Wes-Afrikaanse kolonies bestuur deur 'n goewerneur-generaal in Dakar, Senegal, en goewerneurs in die individuele gebiede, insluitende Niger. Tussen 1902 en 1904 het die gebied aan Senegambië en Niger behoort. Saam met die Franse burgerskap wat aan die inwoners van die Franse gebiede gegee was, het die Franse grondwet ook in 1946 voorsiening gemaak vir die desentralisasie van mag en beperkte betrokkenheid in die politieke lewe van plaaslike raadgewende samekomste.

'n Verdere hersiening in die organisasie van oorsese gebiede het geskied met die deurvoering van die "Overseas Reform Act" (Loi Cadre) van 23 Julie 1956, gevolg deur her-organisatoriese stappe ingestel deur die Franse Parlement vroeg in 1957. Hierdie wette het ongelykhede in die stemproses verwyder en ook voorsiening gemaak vir die skepping van regeringsorgane, wat individuele gebiede 'n groter mate van selfregering verseker het. Na die totstandkoming van die Vyfde Franse Republiek op 4 Desember 1958 het Niger 'n outonome staat binne die Franse Gemeenskap geword, gevolg deur volle onafhanklikheid op 3 Augustus 1960.

Post-koloniaal (1960–)

Politiek

Mohamed Bazoum, die ontsetelde president van Niger

Niger se nuwe grondwet is goedgekeur in Julie 1999. Dit het die semi-presidensiële sisteem van regering van die Desember 1992 grondwet (Derde Republiek) herstel, waarin die president van die republiek, verkies deur die burgers vir termyn van vyf jaar, en 'n eerste minister, wat aangewys word deur die president, oor die uitvoerende mag beskik. As 'n refleksie op Niger se toenemende bevolking is die een-kamer Nasionale Vergadering uitgebrei in 2004 tot 113 lede wat vir 'n vyfjaar termyn verkies word onder 'n meerderheidsisteem van verteenwoordiging. Politieke partye moet ten minste 5% van die stemme verwerf om 'n setel in die wetgewer te bekom.

Niger se onafhanklike regstelsel bestaan uit vier hoër howe—die Appelhof, die Hooggeregshof, die Hoë Hof vir Justisie, en die Grondwetlike Hof.

Die grondwet maak voorsiening vir die gewilde verkiesing van munisipale en plaaslike beamptes, en die eerste suksesvolle munisipale verkiesing het plaasgevind op 24 Julie 2004. Die Nasionale Vergadering het in Junie 2002 'n reeks desentralisasie wette deurgevoer. As 'n eerste stap, sal administratiewe mag verdeel word in 265 kommunes (plaaslike rade); en in latere stadiums sal streke en departemente gestig word as desentraliseerde entiteite. 'n Nuwe verkiesingsbeleid is aangeneem om die desentralisasiekonteks te reflekteer. Die land is tans verdeel in 8 streke, wat onderverdeel is in 36 distrikte (departemente). Die Hoofadministrateur (Goewerneur) in elke departement word aangewys deur die regering en funksioneer as die plaaslike agent van die sentrale owerheid.

Die regering wat verkies is in Desember 2004, het sewe politieke partye ingesluit. President Mamadou Tandja is herverkies in Desember 2004, en het Hama Amadou weer aangewys as Eerste Minister. Mahamane Ousmane, die hoof van die CDS, is herverkies as die President van die Nasionale Vergadering (Parlement) deur sy mede-parlementslede. Die nuwe tweede termyn regering van die Vyfde Republiek het die amp betree op 30 Desember 2002. In Augustus 2002 het 'n reeks onluste binne die weermag plaasgevind in Niamey, Diffa, en Nguigmi, maar die regering kon orde herstel binne 'n paar dae.

Op 27 Desember 2020 het kiesers na die stembus gegaan nadat Mahamadou Issoufou aangekondig het hy gaan uittree, wat die weg gebaan het vir 'n vreedsame magsoorgang. [5] Geen kandidaat het 'n volstrekte meerderheid in die stemming gekry nie: Mohamed Bazoum het die naaste gekom met 39,33%. Volgens die grondwet is 'n herverkiesing op 20 Februarie 2021 gehou, met Bazoum wat 55,75% van die stemme gekry het en opposisiekandidaat (en voormalige president) Mahamane Ousmane 44,25%, volgens die verkiesingskommissie. [6]

Op 26 Julie 2023 het die land sy vyfde staatsgreep beleef, dus eindig die Sewende Republiek.[7] Presidensiële wag bevelvoerder-generaal Abdourahamane Tchiani het homself as die leier van 'n nuwe militêre van die Nasionale Raad vir die Beskerming van die Tuisland verklaar.[8][9][10]

Onderafdelings

Geografie

Nasa-Satellietbeeld van Niger
Kaart van Niger

Niger is 'n Wes-Afrikaanse landingeslote land wat geleë is langs die grens tussen die Sahara en Sub-Sahara streke. Niger se geografiese koördinate is 16°N (Lengtegraad) en 8°O (Breedtegraad). Die oppervlakte is 1 267 miljoen km², waarvan 1 266 700 km² land is en 300 km² water. Dit maak Niger 'n bietjie kleiner as tweekeer die grootte van die Amerikaanse deelstaat Texas.

Niger grens aan sewe lande aan alle kante, en het 'n totaal van 5 697 km se grense. Die langste grens is Tsjad in die ooste, met 1 175 km. Dit word gevolg deur Nigerië in die suide (1 497 km), Algerië in die noord-noordweste (956 km) en Mali met 821 km. Niger het klein grense in die suidweste (Burkina Faso met 628 km en Benin met 266 km) en in die noord-noordooste (Libië met 354 km).

Niger se subtropiese klimaat is hoofsaaklik warm en droog, met baie woestyngebied. In die verre suide is daar 'n tropiese klimaat aan die kante van die Nigerrivier. Die terrein is hoofsaaklik woestynvlaktes en sandduine, met plat vlaktes in die suide en heuwels in die noorde (waaronder Ahaggar en Aïr). In die suidooste is die Tsjadmeer geleë, maar dit word ernstig deur dehidrasie bedreig.

Die laagste punt is die Nigerrivier, met 'n hoogte van 200 m bo seevlak, en die hoogste punt is Mont Greboun teen 1 944 m.

Demografie

Naas die amptelike taal Frans word veral Berbertale, Fula, Hausa, Kanuri en Toearegtale in Niger gepraat. Van die belangrikste etniese groepe is Bambara, Berbers, Fula, Hausa, Kanuri en Toearegs.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Niger". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2020. Besoek op 2 April 2021.
  2. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 2 April 2021.
  3. (en) "Niger". Wêreldbank. Besoek op 2 April 2021.
  4. (en) Atlas A-Z. New York: Dorling Kindersley. 2004. p. 289.
  5. AfricaNews (7 Januarie 2021). "Nigerien President Mahamadou Issoufou set to exit power". Africanews (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2021. Besoek op 5 Februarie 2021.
  6. "Niger election: Mohamed Bazoum wins landmark vote amid protests". BBC News (in Engels (VK)). 23 Februarie 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2021. Besoek op 23 Februarie 2021.
  7. "Niger soldiers announce coup on national TV". BBC.com. 27 Julie 2023. Besoek op 27 Julie 2023.
  8. "Niger : ce que l'on sait de la tentative de coup d'Etat en cours contre le président Mohamed Bazoum" [Niger: what we know about the ongoing coup attempt against President Mohamed Bazoum]. Franceinfo (in Frans). 26 Julie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2023. Besoek op 26 Julie 2023.
  9. "Niger soldiers declare coup on national TV". BBC News (in Engels (VK)). 26 Julie 2023. Besoek op 28 Julie 2023.
  10. "Niger's president 'held by guards' in apparent coup attempt". www.aljazeera.com (in Engels). Besoek op 28 Julie 2023.

Bronnelys

Algemeen

Eksterne skakels

Regering
Nuus
Ander