LIMSwiki

'n Lacoste-tennishemp
'n Polohemp se uitleg

'n Polohemp – ook bekend as 'n gholfhemp of tennishemp (alhoewel dié soort hemde as sportkledingstukke van 'n mengsel van sintetiese materiale vervaardig word) – is 'n hemp met kortmoue en 'n sagte kraag wat slegs bo toegeknoop kan word. Net soos T-hemde word dit oor die kop aangetrek.

Alhoewel dit oorspronklik as sportkleding ontwerp is – vandaar die benaming – en meestal van ligte en sweetabsorberende materiaal soos katoen of katoenpikee vervaardig word, word die polohemp deur sowel mans as vroue in 'n verskeidenheid style gedra wat van formeel tot semi-formeel kan strek.[1]

Die polohemde van enkele luukse mode-etikette soos Lacoste (Frankryk), Tommy Hilfiger, Ralph Lauren (albei Verenigde State) en Fred Perry (Verenigde Koninkryk) het ikoonstatus in die modewêreld bereik.

'n Roklengteweergawe van die hemp is bekend as 'n polorok.[2]

Verwysings

Eksterne skakels

Gholfhemde vir dames

Polohemde vir mans – stylgidse

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.