LIMSwiki
Inhoud
Joseph Kittinger | |
---|---|
Joseph Kittinger | |
Gebore | Joseph William Kittinger II 27 Julie 1928 |
Sterf | 9 Desember 2022 (op 94) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Vegvlieënier |
Titel | Kolonel |
Termyn | 1949–1978 |
Joseph William Kittinger II (27 Julie 1928 – 9 Desember 2022) was 'n offisier in die Amerikaanse Lugmag waar hy diens gedoen het vanaf 1950 tot 1978. Hy het beheervlieënierstatus verwerf en daarna met die rang van kolonel afgetree. Hy het die rekord vir die hoogste vryval van 31,3 km vanaf 1960 tot 2012 gehou.[1][2]
Hy het aan die Manhigh- en die Excelsior hoëhoogte- ballonvlugprojekte deelgeneem vanaf 1956 tot 1960 en is die eerste persoon wat die Aarde se kromming ten volle gesien het.
Hy was 'n vegvlieënier tydens die Viëtnamoorlog en het 'n Noord-Viëtnamese MiG-21 straalvliegtuig afgeskiet. Hy is later self afgeskiet en het gevolglik elf maande as 'n krygsgevangene in 'n Noord-Viëtnamese tronk deurgebring voordat hy in 1973 gerepatrieer is.
In 1984 word hy die eerste persoon wat 'n solovlug oor die Atlantiese Oseaan in 'n gasballon voltooi.
In 2012 het hy, as 84-jarige, deelgeneem aan die Red Bull Stratos-projek as die kapsulekommunikeerder en het Felix Baumgartner gehelp om vanaf 39 km uit die stratosfeer te vryval om sodoende Kittinger se 53 jaar oue rekord te verbeter. Baumgartner se rekord is twee jaar later deur Alan Eustace verbeter.[3]
Verwysings
- ↑ "Space Men: They were the first to brave the unknown (Transcript)". American Experience. PBS. 1 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2022. Besoek op 2 Januarie 2019.
- ↑ Mission to the edge of Space – Red Bull Stratos – Trailer op YouTube
- ↑ Markoff, John (28 Oktober 2014). "15 Minutes of Free Fall Required Years of Taming Scientific Challenges". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2018. Besoek op 2 Maart 2021.