LIMSwiki
Voorkoms
1910 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1905 | 1906 | 1907 | 1908 | 1909 | ◄ 1910 ► | 1911 | 1912 | 1913 | 1914 | 1915 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1910 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Thomas Crapper se uitvinding, die drywende balklep | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1910 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 10de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- 28 Maart – Henri Fabre word die eerste persoon wat 'n seevliegtuig loods nadat hy opgestyg het vanaf water naby Martigues, Frankryk.
- 18 Mei – Die aarde beweeg deur die stert van die Halley se Komeet.
- 31 Mei – Die Unie van Suid-Afrika word deur die saamsluiting van die vier voormalige Britse kolonies Kaapkolonie, Natal, Oranjerivierkolonie en Transvaalkolonie gevorm. Herbert John Gladstone word die eerste Goewerneur-generaal en Louis Botha die eerste Eerste Minister.
- 25 Junie – Die première van Igor Strawinski en Michel Fokine se ‘The Firebird’ by die Paryse Opera.
- 16 Oktober – Die Christuskerk in Windhoek, Duits-Suidwes-Afrika (nou Namibië), word ingewy.
Geboortes
- 13 Januarie – Tryna du Toit, Afrikaanse skrywer († 2005).
- 4 Februarie – Uys Krige, Suid-Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg († 1987).
- 21 Februarie – Douglas Bader, Britse Koninklike Lugmag, bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog. († 1982).
- 1 Maart – David Niven, Britse akteur († 1983).
- 9 Maart – Ed. Hoornik, Nederlandse digter, skrywer, dramaturg († 1970).
- 19 Maart – Maria Alba, Amerikaanse aktrise († 1999).
- 24 Maart – Sailor Malan, Suid-Afrikaanse vegvlieënier († 1963).
- 7 Mei – Taubie Kushlick, ’n Suid-Afrikaanse verhoogaktrise, -regisseur en -produksieleier († 1991).
- 12 Mei – Dorothy Crowfoot Hodgkin, Britse grondlegger van proteïenkristallografie († 1994).
- 3 Junie – Paulette Goddard, Amerikaanse aktrise († 1990).
- 11 Junie – Jacques Cousteau, Franse wetenskaplike, vlootoffisier, uitvinder, skrywer en navorser († 1997).
- 14 Junie – Rudolf Kempe, Duitse dirigent († 1976).
- 22 Junie – Katherine Dunham, Amerikaanse danser en choreograaf († 2006).
- 22 Junie - Axel von Ambesser, Duitse akteur († 1988).
- 23 Junie – Jean Anouilh, Franse dramaturg († 1987).
- 4 Julie – Gloria Stuart, Amerikaanse aktrise († 2010).
- 9 Julie – Govan Mbeki, Suid-Afrikaanse politikus en vader van Thabo Mbeki († 2001).
- 27 Julie – Lupita Tovar, Amerikaanse aktrise († 2016).
- 6 Augustus – Adoniran Barbosa, Brasiliaanse komponis, sanger, kitaarspeler en akteur († 1982).
- 15 Augustus – Prof. Hennie Bingle, Calvinis en rektor van die PU vir CHO van 1964 tot 1977.
- 20 Augustus – Eero Saarinen, Fins-Amerikaanse argitek en ontwerper († 1961).
- 27 Augustus – Moeder Teresa, Kolkata, Indië († 1997).
- 30 Augustus – Roger Bushell, meesterbrein agter die ontsnapping uit Stalag Luft III († 1944).
- 13 September – Helen Cohan, 'n Amerikaanse aktrise († 1996).
- 1 Oktober – P.J. Nienaber, 'n Afrikaanse skrywer en een van Suid-Afrika se voorste letterkundiges († 1995).
- 11 Oktober – Danie Craven, Suid-Afrikaanse rugbyadministrateur en negentiende Springbokkaptein († 1993).
- 16 Oktober – Misha Black, Britse argitek en ontwerper († 1977).
- 26 Oktober – Jan Steytler, Suid-Afrikaanse politikus († onbekend).
- 29 Oktober – Alfred Jules Ayer, Britse filosoof († 1989).
- 6 November – Erik Ode, Duitse akteur († 1983).
Sterftes
- 27 Januarie – Thomas Crapper, Britse loodgieter en sakeman (* 1836).
- 30 Januarie – Granville T. Woods, Amerikaanse uitvinder (* 1856).
- 21 April – Samuel Langhorne Clemens, bekend as Mark Twain, 'n Amerikaanse skrywer en humoris (* 1835).
- 6 Mei – Koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk (* 1841)
- 12 Mei – William Huggins, ’n Britse sterrekundige wat veral bekend is vir sy baanbrekerswerk in astronomiese spektroskopie (* 1824).
- 27 Mei – Robert Koch, bakterioloog en 1905 Nobelpryswenner (* 1843).
- 7 Junie – Sir William Francis Butler, 'n Britse generaal en ook waarnemende Goewerneur van die Kaapkolonie (* 1838).
- 10 Julie – Johann Gottfried Galle, Duitse astronoom en die eerste persoon wat Neptunus gesien het (* 1812).
- 14 Julie – Marius Petipa, Russiese en Franse balletdanser, pedagoog en choreograaf (* 1818).
- 13 Augustus – Florence Nightingale, bekend as die Dame met die lamp (* 1820).
- 7 September – William Holman Hunt, Engelse skilder (* 1827).
- 14 November – Pulvermacher, eerste Afrikaanse digter (* 1836).
- 23 November – Octave Chanute, Frans-Amerikaanse siviele ingenieur en lugvaartpionier (* 1832).
- 1 Desember – Henry Bale, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof (* 1854).
- 4 Desember – Johann Heinrich Ferdinand Parow, Duitse eiendomsmagnaat aan die Kaap (* 1833).