LIMSwiki
Voorkoms
1824 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1819 | 1820 | 1821 | 1822 | 1823 | ◄ 1824 ► | 1825 | 1826 | 1827 | 1828 | 1829 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1824 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Groot-Kolombië | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1824 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 24ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
- 3 Mei – Pous Leo XII stel Giovanni Battista Bussi, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer en Bonaventura Gazzola, O.F.M.Ref., biskop van Montefiascone aan as kardinale.
- 5 Mei – Pous Leo XII publiseer Ubi Primum oor sy pontifikaat en die pligte van biskoppe.
- 24 Mei – Pous Leo XII publiseer Quod hoc Ineunte oor die 1825 Jubileum.
- 21 Junie – Cyrus McCormick kry 'n patent vir sy maaimasjien.
- 27 September – Pous Leo XII stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Karl Kajetan Gaisruck, aartsbiskop van Milaan.
- 20 Desember – Pous Leo XII stel Pedro de Inguanzo y Rivero, aartsbiskop van Toledo en Ludovico Micara, O.F.M.Cap. aan as kardinale.
Geboortes
- 7 Februarie – William Huggins, ’n Britse sterrekundige wat veral bekend is vir sy baanbrekerswerk in astronomiese spektroskopie († 1910).
- 27 Mei – Dietlof Maré, ’n sakeman en landdros in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) († 1890).
- 2 Maart – Bedřich Smetana, Tsjeggiese komponis († 1884).
- 26 Junie – Lord Kelvin, 'n Ulster-Skot fisikus († 1907).
- 21 Augustus – Egidius Benedictus Watermeyer, Suid-Afrikaanse skrywer en regter († 1867).
- 19 Desember – Sir Hercules Robinson, 'n Britse goewerneur van die Kaapkolonie († 1897).
Sterftes
- 15 Januarie – Francis Dundas, twee maal tydens die eerste Britse besetting van die Kaap waarnemende goewerneur (* 1759).
- 19 April – Lord Byron, Britse outeur en digter (* 1788)
- 19 Julie – Agustín de Iturbide, Meksikaanse bevelvoerder, politikus en keiser (* 1783).
- 22 November – Francois le Vaillant, 'n Franse voëlkenner, verkenner, versamelaar, avonturier, kunstenaar en skrywer (* 1753)