LIMSpec Wiki
Inhoud
Voorkoms
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
6 April is die 96ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (97ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 269 dae in die jaar.
Gebeure
- 648 v.C. – Die eerste sonsverduistering wat deur die antieke Grieke opgeteken word.
- 402 – Slag van Pollentia, Stilicho verslaan die Wes-Gote.
- 1027 – Lateraanse sinode onder leiding van Pous Johannes XIX.
- 1123 – Teobaldo Boccapecci (later Teenpous Celestinus II) word kardinaal-priester van S. Anastasia in Rome.
- 1250 – Die kruisridders van die sesde kruistog kapituleer in Egipte by al-Mansura voor die troepe van Turan Schah. Die Franse koning Lodewyk IX word gevange geneem en later na die betaling van 'n losprys vrygelaat.
- 1320 – Die Skotte herbevestig hul onafhanklikheid deur die Verklaring van Arbroath te teken.
- 1489 – Die burgemeester van Zurich Hans Waldmann word na 'n vinnige proses tereggestel nadat hy begin het om te veel politiese mag in sy persoon te vestig.
- 1624 – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) word priester.
- 1652 – Die Nederlandse koopman Jan van Riebeeck gaan in opdrag van die VOC in Tafelbaai aan land om 'n voorraadkamp aan die Kaap die Goeie Hoop te vestig. Uit hierdie tuin wat seilskepe op die handelsroete na Suidoos-Asië moes versorg het die stad Kaapstad ontwikkel. .
- 1675 – Pous Clemens X verklaar Caterina van Genua salig.
- 1815 – Die eiland Reunion word ingevolge die Verdrag van Parys deur die Engelse aan die Koninkryk van Frankryk teruggegee.
- 1818 – Pous Pius VII stel Johann Casimir von Häffelin, titulêr biskop van Chersoneso aan as kardinaal.
- 1835 – Pous Gregorius XVI stel Placido Maria Tadini, O.C.D., aartsbiskop van Genua en Ambrogio Bianchi, O.S.B.Cam., ab-generaal van sy orde aan as kardinale.
- 1896 – Opening van die eerste moderne Olimpiese Spele.
- 1909 – Volgens bewerings bereik Robert Edwin Peary die Noordpool.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die Verenigde State verklaar oorlog teen Duitsland.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Nazi-Duitsland val onder generaal Wilhelm List Joego-Slawië en Griekeland binne.
- 1973 – Pioneer 11 word gelanseer.
- 1979 – President Zulfikar Ali Bhutto van Pakistan word tereggestel.
- 1993 – Russiese kernkragongeluk by Tomsk 7.
- 1994 – Die Rwandese volksmoord begin toe die vliegtuig waarin die President van Rwanda, Juvénal Habyarimana en die President van Burundi, Cyprien Ntaryamira deur ekstremiste met vuurpyle afgeskiet word.
- 2012 – Azawad verklaar eensydige onafhanklikheid van Mali.
- 2014 – Sri Lanka wen die eindstryd van die vyfde T20I-wêreldbeker in Bangladesj met ses paaltjies teen Indië.
Geboortes
- 1483 – Raphael, Italiaanse skilder en argitek († 1520).
- 1890 – Anthony Fokker, Nederlandse vliegtuigontwerper († 1939).
- 1913 – Gabriel de Jongh, Suid-Afrikaanse landskapskilder († 2004).
- 1928 – James Dewey Watson, Amerikaanse genetikus.
- 1929 – André Previn, Amerikaanse komponis en dirigent († 2019).
- 1934 – Willie Toweel, voormalige Suid-Afrikaanse bokskampioen († 2017).
- 1964 – David Woodard, Amerikaanse skrywer en dirigent.
- 1970 – Irina Bilyk, Russiese sangeres en musikant.
- 1987 – Diaan Lawrenson, Suid-Afrikaanse aktrise, Paula in 7de Laan.
- 1988 – Francois Hougaard, Springbokrugbyspeler.
Sterftes
- 432 – Pous Celestinus I, die 43ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1199 – Richard I Koning van Engeland (* 1157).
- 1520 – Raphael, Italiaanse skilder en argitek (* 1483).
- 1528 – Albrecht Dürer, Duitse waterverfskilder (* 1471).
- 1829 – Niels Abel, Noorweegse wiskundige (* 1802).
- 1939 – Stella Southern, Australiese aktrise (* 1898).
- 1951 – Robert Broom, Suid-Afrikaanse wetenskaplike, dokter en paleontoloog wat Mev. Ples in die Sterkfontein-grotte ontdek het (* 1866).
- 1971 – Igor Stravinsky, Russiese komponis (* 1882).
- 1978 – P. de V. Pienaar, Afrikaanse taalkundige en skrywer (* 1904).
- 1992 – Isaac Asimov, Amerikaanse skrywer (* 1920).
- 1994 – Juvénal Habyarimana, President van Rwanda (* 1937).
- 1996 – Kristo Pienaar, 'n Suid-Afrikaanse plantkundige, skrywer, akteur en TV-aanbieder (* 1922).
- 1996 – Greer Garson, Engelse aktrise (* 1904).
- 2005 – Rainier III, prins van Monaco (* 1923).
- 2009 – Ivy Matsepe-Casaburri, 'n Suid-Afrikaanse politikus (* 1937).
- 2013 – F.F. Odendal, Afrikaanse taalkundige en leksikograaf (* 1926).
- 2020 – Al Kaline, Amerikaanse bofbalspeler (* 1934).
Vakansies en vierings
- Stigtingsdag is vanaf 1952 tot 1994 in Suid-Afrika op 6 April gevier.
- Begin van die belastingjaar in die Verenigde Koninkryk (a.g.v. die 11 dae verandering na 25 Maart, by die ingebruikneming van die Gregoriaanse kalender in 1752).
- Feesdag van Pous Sixtus I.