LIMSpec Wiki
Voorkoms
1835 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1830 | 1831 | 1832 | 1833 | 1834 | ◄ 1835 ► | 1836 | 1837 | 1838 | 1839 | 1840 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1835 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Frans II | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1835 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 35ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
Geskiedenis
- 6 April – Pous Gregorius XVI stel Placido Maria Tadini, O.C.D., aartsbiskop van Genua en Ambrogio Bianchi, O.S.B.Cam., ab-generaal van sy orde aan as kardinale.
- 6 Mei – James Gordon Bennett publiseer die eerste uitgawe van die New York Herald.
- 2 Oktober – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog begin.
- 28 Desember – Osceola lei sy Seminoolvegters in Florida en betree die Tweede Seminooloorlog teen die Amerikaanse Leër.
Meteorologie
- Gaspard-Gustave Coriolis besef dat die rotasie van die Aarde 'n snelheidsafhanklike krag op liggame in die verwysingsraamwerk van 'n nie-roterende Aarde uitoefen.
Vervoer
Geboortes
- 17 Januarie – Jan Ferguut, Vlaamse digter en skrywer († 1902).
- 28 Januarie – Frans Lion Cachet, stigter van Ermelo († 1899).
- 3 Februarie – Jan Hendrik Hofmeyr, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant († 1908).
- 9 April – Koning Leopold II van België († 1909).
- 2 Junie – Giuseppe Sarto, (later Pous Pius X), die 257ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1914).
- 29 Junie – Anton Bergmann, skrywer en Vlaamse aktivis († 1874).
- 2 Augustus – Elisha Gray, Amerikaanse elektriese ingenieur († 1901)
- 8 September – Dr. J.J. Kotzé, leraar in twee gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1899).
- 9 Oktober – Charles-Camille Saint-Saëns, Franse klassieke komponis († 1921)
- 17 Oktober – Alexine Tinne, Nederlandse ontdekkingsreisiger († 1869)
- 31 Oktober – Adolf von Baeyer, Duitse chemikus en Nobelprys vir Chemie († 1917)
- 1 November – Sir George Pomeroy Colley, 'n Britse soldaat en Goewerneur van Natal, sterf tydens die Slag van Majuba († 1881).
- 25 November – Andrew Carnegie, Skots-Amerikaanse entrepreneur en staalbaron († 1919).
- 29 November – Keiserin-weduwee en regentes Cixi, Qing-dinastie regentes van 1861 tot haar dood. († 1908).
- 30 November – Samuel Langhorne Clemens, bekend as Mark Twain, 'n Amerikaanse skrywer en humoris († 1910).
Sterftes
- 2 Maart – Franz Joseph Karl, as Frans II laaste keiser van die Heilige Romeinse Ryk en as Frans I eerste keiser van Oostenryk (* 1768).
- 12 Mei – Hintsa, 'n Xhosaopperhoof uit die Gcaleka-stam (* 1789).
- 12 September – Adam Kok II, leier van die Griekwas (* 1771).
- 23 September – Vincenzo Bellini, Italiaanse opera komponis (* 1801).