HL7 Wiki
Voorkoms
1711 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1706 | 1707 | 1708 | 1709 | 1710 | ◄ 1711 ► | 1712 | 1713 | 1714 | 1715 | 1716 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1711 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Druiwe van die Paarl | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1711 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 11de jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- Die eerste verslae oor die Kaapse wyne rondom die Paarl, wat ook in oorsese lande vinnig gewild raak, verskyn.
- Die Pruisiese Akademie van Wetenskappe word in Berlyn geopen.
- 23 Februarie – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word kardinaal-priester van Ss. Quirico en Giulitta.
- 9–10 Julie – Slag van die Pruth: Rusland verloor aan die Pruthrivier in Moldawië van Turkye. Peter die Grote moet met Baltaji Mehmed Pasha vrede sluit en die fort van Azof opgee, Taganrog verwoes en ophou om hom in Poolse sake in te meng.[1]
- 23 Desember – Pous Clemens XI stel Annibale Albani, Apostoliese protonotarius aan as kardinaal.
Geboortes
- 7 Mei – David Hume, Skotse filosoof, ekonoom, geskiedkundige en essayis († 1776)
- 1 September – Willem IV, Prins van Oranje, Prins van Oranje en die eerste hereditêre stadhouer van al die Verenigde Provinsies van Nederland († 1751)
- 29 Oktober – Laura Bassi, Italiaanse fisikus en akademikus († 1778).
- 11 November – Stepan Krasjeninnikof, Russiese geograaf en in die 18de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië († 1755)
- 19 November – Michail Lomonosof, Russiese Renaissance-man, wetenskaplike en skrywer († 1765)
Sterftes
- Onbekend – Wladimir Atlasof, ’n ontdekkingsreisiger in Siberië (* circa 1661).
Verwysings
- ↑ Venice, Austria, and the Turks in the Seventeenth Century, American Philosophical Society: Kenneth Meyer Setton, 1991, ISBN 0-87169-192-2, ISBN 978-0-87169-192-7 bls. 422