Bioinformatics Wiki
Voorkoms
1993 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1988 | 1989 | 1990 | 1991 | 1992 | ◄ 1993 ► | 1994 | 1995 | 1996 | 1997 | 1998 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1993 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Russiese verkiesings | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1993 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 93ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- 1 Januarie – Tsjeggo-Slowakye verdeel, en die republieke Tsjeggië en Slowakye word gestig.
- 24 Maart – Die komeet Shoemaker-Levy 9 word in 'n wentelbaan om Jupiter ontdek.
- 6 April – Russiese kernkragongeluk by Tomsk 7.
- 8 April – Joego-Slawië erken die onafhanklikheid van die Republiek van Masedonië.
- 24 Mei – Eritrea verkry onafhanklikheid van Ethiopië.
- 25 Junie – Kim Campbell word verkies tot die leier van die Progressiewe Konserwatiewe party van Kanada en word die eerste vroulike eerste minister van Kanada.
- 12 Julie – 'n Aardbewing aan die kus van Hokkaido, Japan, wat 7,8 op die Richterskaal registreer, veroorsaak 'n tsoenami met 202 sterfgevalle op die klein eiland Okushiri.
- 25 Julie – Die St. James-bloedbad vind plaas in Kaapstad.
- Onbekend – Die Siberiese Ysvrou word ontdek.
Geboortes
- 22 Januarie – Rio Haryanto, Indonesiese Formule Eenrenjaer.
- 5 Februarie – Luke Newton, Engelse akteur.
- 17 Februarie – Kai Luke Brümmer, Suid-Afrikaanse akteur.
- 11 Maart – Jodie Comer, Engelse aktrise.
- 18 Maart – Urassaya Sperbund, Thai-Noorweegse aktrise.
- 15 April – Burger Odendaal, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 15 April – Jan Serfontein, Springbokrugbyspeler.
- 14 Mei – Dane van Niekerk, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 10 Junie − Bria Vinaite, Amerikaans-Litause aktrise.
- 16 Junie – Park Bo-gum, Koreaanse akteur.
- 26 Junie – Ariana Grande, Amerikaanse vermaaklikheidster.
- 1 Julie – Katie Sarife, Amerikaanse aktrise.
- 20 Julie – Alycia Debnam-Carey, Australiese aktrise.
- 18 September – Zozibini Tunzi, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, Mej. Heelal 2019.
- 21 September – Akani Simbine, Suid-Afrikaanse olimpiese naelloper.
- 29 Oktober – India Eisley, Amerikaanse aktrise.
- 9 November – Bianca Buitendag, Suid-Afrikaanse professionele branderplankryer.
- 16 November – Anrich Nortje, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 14 Desember – Antonio Giovinazzi, Italiaanse Formule Eenrenjaer.
Sterftes
- 4 Januarie – Danie Craven, 19de Springbokkaptein en beroemde rugby-administrateur (* 1910).
- 6 Januarie – Rudolf Nureyev, Russiese balletdanser (* 1938).
- 6 Januarie – Dizzy Gillespie, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek (* 1917).
- 16 Januarie – Florence Desmond, Amerikaanse aktrise (* 1905).
- 20 Januarie – Audrey Hepburn Britse aktrise (* 1929).
- 19 Maart – Dulcie Howes, Suid-Afrikaanse ballerina en balletpionier (* 1908).
- 24 Maart – John Hersey, Amerikaanse outeur en joernalis (* 1914).
- 31 Maart – Brandon Lee, Amerikaanse akteur (* 1965).
- 10 April – Chris Hani, Suid-Afrikaanse kommunis (* 1942).
- 18 April – Masahiko Kimura, Japannese judoka (* 1917).
- 22 April – Dr. Andries Treurnicht, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1921).
- 23 April – Bertus Aafjes, Nederlandse digter en skrywer (* 1912)
- 24 April – Oliver Tambo, ANC-president en vryheidsvegter (* 1917).
- 15 Junie – James Hunt, Britse renjaer, Formule Een Wêreldkampioen in 1976 (* 1947).
- 19 Junie – William Golding, Britse skrywer en digter en Nobelprys vir Letterkunde-wenner in 1983 (* 1911).
- 12 Julie – Hans Zanotelli, Duitse dirigent (* 1927).
- 31 Augustus – Siegfried Schürenberg, Duitse akteur (* 1900).
- 11 September – Erich Leinsdorf, Oostenryks-gebore Amerikaanse dirigent (* 1912).
- 11 September – Esmé Euvrard, Suid-Afrikaanse radio-omroeper, sanger en aktrise (* 1919).
- 20 September – Erich Hartmann, Duitse bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1922).
- 6 November – Joseph Serchuk, Pools/Israeliese partisaan-leier in die Tweede Wêreldoorlog (* 1919).
- 22 November – Anthony Burgess, Britse skrywer (* 1917).
- 2 Desember – Pablo Escobar, Colombiaanse dwelmbaron (* 1949).
- 4 Desember - Frank Zappa, Amerikaanse rockmusikant, komponis (* 1940).
- 6 Desember – Don Ameche, Amerikaanse akteur (* 1908).
- 7 Desember – Félix Houphouët-Boigny, eerste President van die Ivoorkus (* 1905).
- 7 Desember – Håkon Solem, Noorse matroos en deelnemer aan die Olimpiese Somerspele 1948 (* 1908).