The US FDA’s proposed rule on laboratory-developed tests: Impacts on clinical laboratory testing
Inhoud
Ford Motormaatskappy | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 16 Junie 1903 |
Hoofkantoor | Dearborn, Michigan, Verenigde State |
Sleutelpersone | William C. Ford, Jr. (hoof uitvoerende beampte) Alan R. Mulally (voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motorvoertuie luukse voertuie kommersiële voertuie motoronderdele |
Dienste | Motorfinansiering voertuigverhuring voertuigdiens |
Inkomste | VS$ 146 91 miljard[1] (2013) |
Bedryfsinkomste | $5,42 miljard[1] (2013) |
Netto inkomste | $7,15 miljard[1] (2013) |
Werknemers | 181 000[1] (2013) |
Moedermaatskappy | Ford-familie (2%) |
Divisies | Ford Lincoln Motorcraft |
Webwerf | ford.com |
Die Ford Motormaatskappy (gewoonlik na verwys as Ford en somtyds genoem FoMoCo) is 'n multinasionale korporasie wat motorvoertuie vervaardig. Die maatskappy is gestig deur Henry Ford in Dearborn, Michigan, Verenigde State van Amerika (waar die maatskappy se hoofkwartier is). Gedurende die hoogtepunt van die maatskappy se produksie in die 20ste eeu het Ford tesame met General Motors en Chrysler bekend gestaan as Detroit se "Groot Drie" motorvervaardigers, en het hulle Amerika se motormark gedomineer. Teen 2004 het Toyota Ford verbygesteek wat omset betref. Ford is steeds een van die wêreld se tien grootste korporasies volgens omset.
Ford het metodes vir grootskaalse vervaardiging van motors en grootskaalse bestuur van werkers bekendgestel byvoorbeeld die vervaardiging deur middel van vervoerbande. Henry Ford se kombinasie van baie effektiewe fabrieke, hoogsbetaalde werkers en lae pryse het vervaardiging gerewolusioneer.
Galery
-
Model T (1908)
-
Fordvervoerbandaanleg (1913)
-
Fordson-trekker (1921)
-
'n Fordproduk vlieg in die 1940's: die B-24 bomwerper
-
Ford V8 De Luxe (1938)
-
Ford Eifel (1940)
-
Ford Mustang Fastback (1965)
-
Ford Capri (1983).
-
Ford Escort RS2000.
-
Ford Focus ST-Line (2018).
-
Ford Mondeo (2018)
-
Ford Mustang (2018).
-
Ford Ranger "Raptor" (2019).
-
Ford Bronco (2021).
Verwysings
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ford Motormaatskappy.
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "2013 Annual Report" (PDF) (in Engels). USA: Google Finance. 14 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2017. Besoek op 13 April 2014.