Secure record linkage of large health data sets: Evaluation of a hybrid cloud model
Inhoud
| |||||
Volkslied: Кыргыз Республикасынын Мамлекеттик Гимни (tr.: Kırgız Respublikasının Mamlekettik Gimni) | |||||
Hoofstad | Bisjkek | ||||
Grootste stad | Bisjkek | ||||
Amptelike tale | Kirgisies (nasionale en amptelike taal) Russies (amptelike taal)[1] | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Sadir Djaparof Ulukbek Maripof | ||||
Onafhanklikheid | van die Sowjetunie 14 Oktober 1924 5 Desember 1936 31 Augustus 1991 25 Desember 1991 27 Junie 2010 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
199 951 km2 (85ste) 77 202 myl2 3,6 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2009-sensus - Digtheid |
6 586 600[2] (110de) 5 362 800 27,4 / km2 (176ste) 71,0 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,697[4] (120ste) – medium | ||||
Gini (2018) | 27,7[5] – laag | ||||
Geldeenheid | Som (KGS )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
KGT (UTC+6) nie toegepas nie (UTC+6) | ||||
Internet-TLD | .kg | ||||
Skakelkode | +996 |
Kirgisië of Kirgistan (Kirgisies: Кыргызстан, Kırgızstan, [qɯrʁɯsˈstɑn]; Russies: Киргизия), amptelik die Kirgiese Republiek (Kirgisies: Кыргыз Республикасы, Qırğız Respublikası; Russies: Кыргызская Республика, Kyrgyzskaja Respublika), is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië. Dit grens aan Kasakstan in die noorde, Oesbekistan in die weste, Tadjikistan in die suidweste en die Volksrepubliek China in die suidooste. Kirgisië beteken die "Land van veertig stamme", waarop ook die 40 strale van die vlag van Kirgisië dui.
Kirgisië beslaan 'n oppervlakte van 199 951 km² en het 'n bevolking van sowat 6,6 miljoen in 2020 gehad. Omtrent 76 persent van die bevolking is Moslems en sowat 73 persent is Kirgisiërs, gevolg deur sowat 15% Oesbeke en 5% Russe. Kirgisië se geografie word veral deur groot bergreekse soos Pamir en Tiensjan gekenmerk; hier vloei ook die Sirdarja. Kirgisië het tot in 1991 as die Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek deel uitgemaak van die Sowjetunie.
Kirgisië het nege provinsies (область). Die provinsies is:
- Bisjkek*
- Batken (Batken)
- Chui (Chui-Tokmok)
- Jalal-Abad (Jalal-Abad)
- Naryn (Naryn)
- Osj (Osj)
- Talas (Talas)
- Issyk-Kul (Karakol)
- Osj (stad)
* Bisjkek is die hoofstad van Kirgisië, maar het ook die status van 'n provinsie.
Verwysings
- ↑ (en) "Kyrgyzstan's Constitution of 2010 with Amendments through 2016" (PDF). Constitute Project. Besoek op 29 Januarie 2021.
- ↑ (ru) "Основные итоги естественного движения населения январе-августе 2020г". stat.kg.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Kyrgyz Republic". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2020. Besoek op 29 Januarie 2021.
- ↑ (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 29 Januarie 2021.
- ↑ (en) "Gini index". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2019. Besoek op 29 Januarie 2021.
Bronnelys
- Algemeen
- (en) "Kyrgyzstan". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Januarie 2021.
- (en) "Kyrgyzstan". Central Intelligence Agency. Besoek op 29 Januarie 2021.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kirgisië.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Kirgisië.
- (en) Toerisme-inligting oor Kirgisië op Wikivoyage
- (ky) (ru) Amptelike webwerf van die Kirgisiese president
- (ky) (ru) Amptelike webwerf van die Kirgisiese regering