Sample identifiers and metadata to support data management and reuse in multidisciplinary ecosystem sciences
Inhoud
Die Karibiese gebied (Engels: Caribbean; Frans: les Caraïbes; Haïtiaanse Kreools: Karayib; Jamaikaanse Patois: Kiaribiyan; Nederlands: De Caraïben; Papiaments: Karibe; Spaans: El Caribe) is 'n streek in die westelike tropiese deel van die Atlantiese Oseaan, noord van die ewenaar. Dit bestaan uit die Karibiese See en die Wes-Indiese Eilande. Die Karibiese gebied is genoem na die volk van die Karibe, wat die Spaanse conquistadores op die Klein Antille ontdek het. Die gebied beslaan 'n oppervlakte van 2 754 000 km² en 'n bevolking van 39 169 962. Die Karibiese gebied behoort tot Noord-Amerika; net die eilande van Colombia en Venezuela asook die drie Guyana's word as 'n deel van Suid-Amerika beskou.
Lande en gebiede
Die volgende lande en gebiede word algemeen as deel van die Karibiese gebied beskou:
- Amerikaanse Maagde-eilande
- Anguilla
- Antigua en Barbuda
- Aruba
- Bahamas
- Barbados
- Bonaire (Karibiese Nederland)
- Britse Maagde-eilande
- Curaçao
- Dominica
- Dominikaanse Republiek
- Grenada
- Guadeloupe
- Haïti
- Jamaika
- Kaaimanseilande
- Kuba
- Martinique
- Montserrat
- Puerto Rico
- Saba (Karibiese Nederland)
- Sint Bartholomeus
- St. Kitts en Nevis
- St. Lucia
- St. Vincent en die Grenadine
- Sint Eustatius (Karibiese Nederland)
- Saint-Martin
- Sint Maarten
- Trinidad en Tobago
- Turks- en Caicoseilande
Die drie Guyana's grens nie aan die Karibiese see nie, maar word histories, kultureel, taalkundig en sosiaal-ekonomies wel as deel van die Karibiese gebied beskou:
Verder word gebiedsdele van omringende landen wat aan die Karibiese See grens en eilande van die lande wat in die see lê, as deel van die Karibiese gebied beskou:
- Belize: die Karibiese kus en eilande
- Colombia: die argipel San Andrés en Providencia en die Karibiese kusstrook
- Costa Rica: die Karibiese kus en eilande
- Guatemala: die Karibiese kus
- Honduras: die Baai-eilande en die Karibiese kusstrook
- Meksiko: die deelstaat Quintana Roo (met onder andere Cancun en die eiland Cozumel)
- Nicaragua: die Miskitokus (RAAN en RAAS)
- Panama: die Karibiese kus en eilande
- Venezuela: die deelstaat Nueva Esparta (met onder andere Isla Margarita), die Federale gebiede en die kusstrook
Bronne
- (en) Rogonzinski, Jan (2000). A Brief History of the Caribbean. Londen: Penguin. ISBN 978-0-452-28193-6.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Karibiese gebied.
14°31′48″N 75°49′12″W / 14.53000°N 75.82000°W
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |