Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Westpacstadion Wellingtonstadion | ||
Buiteaansig van die Westpacstadion
| ||
Bynaam | Die Koekblik, Die Stadion | |
---|---|---|
Ligging | Wellington, Nieu-Seeland | |
Koördinate | 41°16′23″S 174°47′9″O / 41.27306°S 174.78583°O | |
Eienaar | Wellington Regional Stadium Trust | |
Operateur | Wellington Regional Stadium Trust | |
Kapasiteit | 34 500 (sitplekkapasiteit)[1] 33 000 (krieket)[2] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 12 Maart 1998 | |
Geopen | 3 Januarie 2000[3] | |
Boukoste | $130 miljoen NZD | |
Argitek | Architecture Warren & Mahoney Ltd Populous (toe Bligh Lobb Sports Architecture) | |
Projekbestuurder | Beca Carter Hollings & Ferner Ltd | |
Hoofkontrakteurs | Fletcher Construction Ltd | |
Huurders | ||
Hurricanes (Superrugby) (2000–huidig) Wellington Leeus (ITM-beker) (2000–huidig) Wellington Firebirds (krieket) (2000–huidig) Wellington Phoenix (sokker) (2008–huidig) |
Die Westpacstadion (vroeër bekend as die WespacTrust Stadion) is 'n sportstadion in Wellington, Nieu-Seeland.[4] Weens die stadion se vorm en silwerkleurige omhulsel staan die stadion in volksmond bekend as Die Koekblik.
Die stadion is 'n veeldoelige stadion wat hoofsaaklik vir sportgebeurtenisse aangewend word. Dit is die tuiste van die Wellington Leeus-rugbyspan wat aan die ITM-beker deelneem. Dit is ook die primêre tuisveld van die Hurricanes wat aan Superrugby deelneem. Verder is die stadion ook die gasheer vir die Wellingtonse toernooi in die jaarlikse IRR Sewes Wêreldreeks vir nasionale Rugby Sewesspanne. Die All Blacks speel ook gereeld van hulle internasionale wedstryde in die Westpacstadion.
Die Westpacstadion is ook die tuisveld van die Wellington Phoenix Voetbalklub met die ondersteuners van die Phoenix wat na die stadion as die Ring of Fire verwys. Die Nieu-Seelandse nasionale sokkerspan (die All Whites) speel ook dikwels hier in internasionale wedstryde waaronder die kwalifiserende wedstryd teen Bahrein vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 een was, wat Nieu-Seeland 1–0 gewen het. 'n Ander was die kwalifiserende wedstryd teen Meksiko vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014, wat Meksiko 2–4 gewen het.
Die stadion is ook al gebruik vir rugby leaguewedstryde. Vertoonwedstryde tussen spanne van die Australiese Voetballiga is in 2000 en 2001 in die Westpacstadion gespeel.
Krieket word dikwels gedurende die somer in die stadion gespeel. Ander fasiliteite sluit in die Nieu-Seelandse Instituut vir Sport asook 'n kampus vir die Wellingtonse Krieketskool wat deur die Wellingtonse Krieketvereniging beheer word. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 2015 vir vier wedstryde ingespan.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
11 September 2011 | 20:30 | Suid-Afrika | 17–16 | Wallis | Groep D | 33 331 |
17 September 2011 | 18:00 | Suid-Afrika | 49–3 | Fidji | Groep D | 33 262 |
23 September 2011 | 20:30 | Australië | 67–5 | Verenigde State | Groep C | 33 824 |
25 September 2011 | 20:30 | Argentinië | 13–12 | Skotland | Groep B | 26 937 |
1 Oktober 2011 | 18:00 | Frankryk | 14–19 | Tonga | Groep A | 32 763 |
2 Oktober 2011 | 15:30 | Nieu-Seeland | 79–15 | Kanada | Groep A | 37 665 |
8 Oktober 2011 | 18:00 | Ierland | 10–22 | Wallis | Kwarteindrondte | 35 787 |
9 Oktober 2011 | 18:00 | Suid-Afrika | 9–11 | Australië | Kwarteindrondte | 34 914 |
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
Datum | Teenstaander | Telling | Toeskouers | Deel van |
---|---|---|---|---|
13 Julie 2001 | Australië | 10–28 | 26 580 | |
12 Oktober 2002 | 24–32 | 25 015 | ||
11 November 2006 | Groot-Brittanje | 34–4 | 16 401 | 2006 Drienasies |
11 Oktober 2007 | Australië | 0–58 | 16 681 | |
23 Oktober 2010 | Engeland | 24–10 | 20 324 | 2010 Viernasies |
12 November 2014 | Australië | 22–18 | 25 093 | 2014 Viernasies-eindwedstryd |