Search for LIMS content across all our Wiki Knowledge Bases.
Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Die Walliesers (Engels: Welsh people, Wallies: Cymry) is 'n Keltiesenasie en etniese groep inheems aan Wallis en die omliggende eilande wat met die Walliese taal verband hou. Dié taal is histories in die hele Wallis gepraat, met sy voorganger Oud-Brits wat in die grootste deel van die Britse vasteland gepraat is. Terwyl Wallies die oorheersende taal in sekere gebiede van Wallis gebly het, is Engels die oorheersende taal in die meeste gebiede van dié land.
John Davies beweer dat die oorsprong van die "Walliese nasie" teruggevoer kan word tot die einde van die 4de en vroeë 5de eeu, na die onttrekking van die Romeine uit Groot-Brittanje,[12] hoewel Kelties-Britoniese tale vermoedelik heelwat vroeër in Wallis gepraat is. Die term Walliesers verwys na Wallis se bevolking en mense van Walliese afkoms wat 'n kulturele erfenis en voorvaderlike oorspronge deel.[13] Vandag is Wallis een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk en die meerderheid van die mense wat in Wallis leef is Britse burgers.
In opdrag van die Walliese regering is die verspreiding van die Walliese vanne ondersoek, wat getoon het dat 718 000 mense, of omtrent 35% van Wallis se bevolking, oor 'n van met Walliese oorsprong beskik, in vergelyking met 5,3% in die res van die Verenigde Koninkryk, 4,7% in Nieu-Seeland, 4,1% in Australië en 3,8% in die Verenigde State. Sowat 16,3 miljoen mense in die lande wat ondersoek is, is ten minste van gedeeltelike Walliese afkoms.[14] Volgens die sensus van 2011 woon meer as 300 000 Walliesers in Londen,[15] waarvan 1 310 Wallies praat.[16]
↑(en) Government of Australia. "Welsh Australians". Australian Government – Department of Immigration and Border Protection. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2014. Besoek op 20 Februarie 2014.
↑(en) "Wales and Argentina". Wales.com website. Welsh Government. 2008. Besoek op 8 Oktober 2010.