Search for LIMS content across all our Wiki Knowledge Bases.
Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Victor is in Pietersburg gebore; sy ouers is Fai en Hettie Matfield en hy het ook 'n suster, Trudie. Beide sy ouers was onderwysers. Hy het in 'n sporthuis grootgeword en het tennis, rugby, gholf en krieket gespeel. Hy was in Laerskool Pietersburg-Noord, waar hy in graad 7 hoofseun was, en het in 1995 aan die Hoërskool Pietersburggematrikuleer met drie onderskeidings. Hy word in 1993/4 en 1994/5 vir die Verre-Noord provinsiale krieketspan gekies en in 1994/5 vir die rugbyspan.
Sy onder-21-dae
Na matriek aanvaar hy in 1996 'n kontrak van die Blou Bulle en studeer aan die Universiteit van Pretoria. Na sy eerste wedstryd vir Boekenhoutkoshuis se onder-21-span word hy opgeroep om vir Tukkies se onder-21-span uit te draf. In dieselfde jaar word hy vir die Blou Bulle se onder-21-span gekies vir wie hy drie jaar lank speel. In 1997 haal hy die Suid-Afrikaanse onder-21-span en neem deel aan die Suidelike Halfrond onder-21-kampioenskap in Australië. In 1998 speel hy sewe keer vir die Blou Bulle se senior span in die Vodacombeker-reeks. Aan die einde van die seisoen aanvaar hy 'n kontrak by Griekwas en verhuis na Kimberley.
Griekwas
Hy verteenwoordig Griekwas in die Vodacombeker-reeks en Curriebeker-reeks in 1999 en maak ook op 21-jarige ouderdom sy buiging vir die Cats (later die Lions) in die Super 12-reeks. In 2000 speel Victor steeds vir die Griekwas in die twee reekse en verteenwoordig weer die Cats in die Super 12. Hy word gekies vir die Suid-Afrikaanse onder-23-span wat aan 'n Afrika-reeks deelneem. Hy voer ook die Griekwas aan in 'n voorwedstryd teen die SA Barbarians-span op Ellispark waar die Springbokke en die All Blacks kragte meet. Aan die einde van 2000 aanvaar hy weereens 'n aanbod van die Blou Bulle en keer terug na Pretoria.
Springbokloopbaan
Aan die einde van 2000 word Victor gekies vir die Springboktoergroep na Argentinië en Brittanje. Hy speel egter slegs vir die weekspan. Op 30 Junie2001 speel hy in sy eerste toets teen Italië. Hy het in al sy toetse op slot gespeel.