Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Transseksualiteit verwys na mense wat 'n genderidentiteit ervaar wat teenstrydig is met die geslag wat by hulle geboorte aan hulle toegewys is en 'n transisie wil ondergaan om hulle gender of geslag permanent te verander, gewoonlik met mediese ingrypings soos 'n geslagsveranderingsoperasie of hormoonvervangingsterapie.
Die term "transseksueel" vorm deel van die begrip "transgender",[2][3] maar baie transseksuele mense verwerp die etiket "transgender".[4][5] 'n Mediese diagnose van genderdisforie kan gemaak word as die verskil tussen toegewese geslag en genderidentiteit baie stres veroorsaak.[6]
Die begrip van transseksuele mense het baie verander in die 21ste eeu en baie gelowe en praktyke van vroeër word nou as uitgedien beskou. Dié mense is eens as geestesiek geklassifiseer en is deur die gemeenskap veroordeel, nes vandag soms die geval is in 'n groot deel van die ontwikkelende wêreld.[7][8]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)