Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Popocatépetl | |
---|---|
Ligging | Meksiko |
Hoogte | 5 462 meter bo seevlak |
Reeks | Sierra Volcánica |
Koördinate | 19°01′40″N 98°37′23″W / 19.02778°N 98.62306°W |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | 2016 |
Eerste bestyging | 1519 |
Eerste bestyger(s) | Diego de Ordás |
Vertaling van naam | Rokende berg (Nahuatl) |
Uitspraak | /[popoːka'tepeːt͡ɬ]/ |
Popocatépetl (Nahuatl: Popōcatepētl [popoːka'tepeːt͡ɬ], Spaans: [popoka'tepet͡ɬ]) is 'n berg in Noord-Amerika wat op die grens tussen die drie Meksikaanse deelstate México, Puebla en Morelos geleë is. Met 'n hoogte van 5 462 meter is dit die tweede hoogste berg en vulkaan van Meksiko ná die Citlaltépetl.
Popocatépetl is tussen Meksikostad in die noordweste en Puebla de Zaragoza in die ooste geleë. Net noord is die tweelingsvulkaan Iztaccíhuatl geleë. Die naam van die berg beteken in die Asteekse taal Nahuatl "Rokende berg" en is 'n kombinasie van die twee woorde popōca [poˈpoːka] ("rokend") en tepētl [ˈtepeːt͡ɬ] ("berg"). In Meksiko staan die berk ook bekend as El Popo en Don Goyo.
Die kloosters uit die vroegste 16de eeu op die hange van Popocatépetl is in 1994 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Die berg is een van 14 aktiewe vulkane in Meksiko en het op 3 April 2016 in aksie gekom, wat skouspelagtige beelde opgelewer het.[1]