Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Spele van die XXVIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1996 (Engels: 1996 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 4 Augustus 1996 in Atlanta, Verenigde State, aangebied. Hierdie spele staan ook bekend as die Centennial Games vanweë die feit dat dit presies een eeu na die eerste moderne Spele in Griekeland plaasgevind het.
Atlanta is op 18 September 1990 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gekies met 51 teen 35 stemme in die laaste ronde. Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele aan Atlanta toe te wys was verrassend. Die redenasie was dat Athene nie genoeg tyd sou hê om die infrastruktuur vir die Spele in plek te kry nie. Later word beweer dat enkele IOK-lede omgekoop was, maar dit kon nooit bewys word nie. Tydens en na die Spele word egter vasgestel dat die organiserende komitee van Atlanta nie die volle waarheid oor die vervoernetwerk, die hitte en die vogtigheid in Augustus, en oor die hoë misdaadsyfer van die stad vertel het nie.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Atlanta plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer die Verenigde State die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Masibulele Makepula, bokser en goudmedaljewenner tydens die Afrikaspele van 1995, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.
Oor die algemeen word die Spele as minder suksesvol gesien. Die vervoer tussen die verskillende Olimpiese items het soms vir ure in verkeersknope vasgesit. Die Spele was ook deur vele as "te kommersieel" bestempel, maar finansieel was dit wel 'n sukses. Dit is onder meer te danke aan die hoofborgskap van Coca-Cola, wie se hoofkantoor in Atlanta is.
Die Paralimpiese Somerspele 1996 is tussen 16 en 25 Augustus in Atlanta gehou.
Atlanta is op 18 September 1990 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1996. Ander kandidate was: Athene, Toronto, Melbourne, Manchester en Belgrado.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1996[4] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 4 | Rondte 5 |
Atlanta | Verenigde State | 19 | 20 | 26 | 34 | 51 |
Athene | Griekeland | 23 | 23 | 26 | 30 | 35 |
Toronto | Kanada | 14 | 17 | 18 | 22 | — |
Melbourne | Australië | 12 | 21 | 16 | — | — |
Manchester | Verenigde Koninkryk | 11 | 5 | — | — | — |
Belgrado | Joego-Slawië | 7 | — | — | — | — |
26 Olimpiese sportsoorte in 271 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 271 goue medaljes oorhandig.
28 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1996 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Alexander Memorial Coliseum | Boks | 10 000 |
Atlanta–Fulton County stadion | Bofbal | 54 000 |
Clark Atlanta Universiteitstadion | Veldhokkie | 5 000 |
Fietsrypadbaan | Fietsry (pad) | 800 |
Georgia Dome | Basketbal (eindstryd), Gimnastiek (artistiek), Handbal (mans se eindstryd) | 34 500 (aan elke kant) |
Georgia State Universiteitsgimnasium | Pluimbal | 3 500 |
Georgia Tech Watersportsentrum | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo | 15 000 |
Georgia Wêreldkongressentrum | Skermsport, Handbal, Judo, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport), Tafeltennis, Gewigoptel, Stoei | 3 900 (skermsport) 7 300 (handbal) 7 300 (judo) 4 700 (tafeltennis) 5 000 (gewigoptel) 7 300 (stoei) |
Strate van Atlanta | Atletiek (maraton) | 800 |
Morehouse Kollege Gimnasium | Basketbal | 6 500 |
Morris Brown Kollegestadion | Veldhokkie (eindstryd) | 15 000 |
Olimpiese Stadion Atlanta | Atletiek, seremonies (opening/sluiting) | 85 600 |
Omni Coliseum | Vlugbal (binnenshuise finale) | 16 500 |
Loopkursus | Atletiek (loop) | 800 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Atlanta Beach | Vlugbal (strand) | 12 600 |
Georgia International Horse Park | Fietsry (bergfiets), Ruitersport, Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) | 32 000 |
Laniermeer | Kanovaart (sprint), Roei | 17 300 |
Stone Mountain Park Archery Center and Velodrome | Boogskiet, Fietsry (baan) | 5 200 (boogskiet) 6 000 (fietsry) |
Stone Mountain Tennis Center | Tennis | 27 500 |
Wolf Creek Skietbaan | Skyfskiet | 7 500 |
Stadion | Ligging | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Florida Citrus Bowl | Orlando, Florida | Sokker | 65 000 |
Golden Park | Columbus, Georgia | Sagtebal | 8 800 |
Legion Field | Birmingham, Alabama | Sokker | 81 700 |
Ocoee Whitewater Center | Ducktown, Tennessee | Kanovaart (slalom) | 14 400 |
Orange Bowl | Miami, Florida | Sokker | 74 476 |
Robert F. Kennedy Memorial Stadium | Washington, D.C. | Sokker | 56 500 |
Sanfordstadion | Athens, Georgia | Sokker (eindstryd) | 86 100 |
Stegeman Coliseum | Athens, Georgia | Gimnastiek (ritmies), Vlugbal (binnenshuise) | 10 000 |
Wassaw Sound | Savannah, Georgia | Seilvaart | 1 000 |
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Datum | Julie | Augustus | |||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
19 Vr |
20 Sa |
21 So |
22 Ma |
23 Di |
24 Wo |
25 Do |
26 Vr |
27 Sa |
28 So |
29 Ma |
30 Di |
31 Wo |
1 Do |
2 Vr |
3 Sa |
4 So | |
Atletiek | 2 | 4 | 5 | 8 | ● | 5 | 4 | 6 | 9 | 1 | |||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 1 | |
Bofbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | |||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 7 | 5 | ||
Boogskiet | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||||||||||
Fietsry | 1 | 1 | ● | 1 | 2 | 4 | 2 | 1 | 2 | ||||||||
Gesinchroniseerde swem | ● | 1 | |||||||||||||||
Gewigoptel | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||
Gimnastiek | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 3 | 7 | ● | 1 | ● | 1 | |||||
Handbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||||
Judo | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | ||||||||||
Kanovaart | 2 | 2 | ● | ● | ● | ● | ● | 5 | 7 | ||||||||
Moderne vyfkamp | 1 | ||||||||||||||||
Pluimbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 3 | ||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 7 | 7 | |||||||||
Ruitersport | ● | ● | 2 | 1 | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | |||||||
Sagtebal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | |||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 4 | 1 | 2 | 2 | 1 | |||||
Sierduik | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | |||||||||
Skermsport | 1 | 2 | 2 | 1 | 2 | 1 | |||||||||||
Skyfskiet | 2 | 2 | 1 | 2 | 3 | 1 | 3 | 1 | |||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 1 | ||||
Stoei | ● | 6 | ● | 4 | ● | 3 | 2 | 3 | 2 | ||||||||
Swem | 4 | 5 | 6 | 3 | 5 | 5 | 4 | ||||||||||
Tafeltennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||
Tennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | |||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | |||||||||
Totaal | 0 | 16 | 13 | 17 | 10 | 15 | 10 | 15 | 20 | 24 | 22 | 10 | 16 | 17 | 19 | 29 | 18 |
Seremonies | OS | SS | |||||||||||||||
Datum | 19 Vr |
20 Sa |
21 So |
22 Ma |
23 Di |
24 Wo |
25 Do |
26 Vr |
27 Sa |
28 So |
29 Ma |
30 Di |
31 Wo |
1 Do |
2 Vr |
3 Sa |
4 So |
Julie | Augustus |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrika wen drie goue medaljes, asook een silwer en een brons.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 646 | 44 | 32 | 25 | 101 |
2 | Rusland (RUS) | 390 | 26 | 21 | 16 | 63 |
3 | Duitsland (GER) | 465 | 20 | 18 | 27 | 65 |
4 | Volksrepubliek China (CHN) | 294 | 16 | 22 | 12 | 50 |
5 | Frankryk (FRA) | 299 | 15 | 7 | 15 | 37 |
6 | Italië (ITA) | 346 | 13 | 10 | 12 | 35 |
7 | Australië (AUS) | 424 | 9 | 9 | 23 | 41 |
8 | Kuba (CUB) | 164 | 9 | 8 | 8 | 25 |
9 | Oekraïne (UKR) | 231 | 9 | 2 | 12 | 23 |
10 | Suid-Korea (KOR) | 300 | 7 | 15 | 5 | 27 |
27 | Suid-Afrika (RSA) | 84 | 3 | 1 | 1 | 5 |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |