Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Terre-Neuve-et-Labrador Newfoundland and Labrador Newfoundland en Labrador | |||||
---|---|---|---|---|---|
| |||||
Leuse : Quaerite Primum Regnum Dei | |||||
Ander provinsies en gebiede van Kanada | |||||
Land | Kanada | ||||
Hoofstad | St. John's 47°35′N 52°41′W / 47.583°N 52.683°W | ||||
Grootste stad | St. John's | ||||
Goewerneur-generaal | Judy Foote | ||||
Eerste Minister | Andrew Furey (Liberal) | ||||
Oppervlakte | 405 720 km² | ||||
- Land | 373 872 vk km | ||||
- Water | 31 340 vk km (7,7%) | ||||
Bevolking (2021) | |||||
- Totaal | 510 550 inw. | ||||
- Digtheid | 1,37 inw./vk km | ||||
Toelating tot die Kanadese Federasie | |||||
- Datum | 31 Maart 1949 | ||||
Verteenwoordiging in die Parlement | |||||
- Parlement | 7 | ||||
- Senaat | 6 | ||||
Posafkorting | NL | ||||
Voorsetsel by poskode | A | ||||
Tydsone | UTC -3,5 | ||||
Internet-domein | .nl.ca | ||||
Newfoundland en Labrador (Engels: Newfoundland and Labrador [ˌnuːfən(d)ˈlænd ən(d) læbrəˈdɔr], Frans: Terre-Neuve-et-Labrador) is die mees oostelike van Kanada se tien provinsies.
Die provinsie, wat uit die eiland Newfoundland en die gebied Labrador op die vasteland bestaan, was die laaste provinsie wat in 1949 onder die oorspronklike naam Newfoundland by die Kanadese Federasie aangesluit het. Die provinsiale regering het egter reeds vanaf 1964 na homself as die "Regering van Newfoundland en Labrador" verwys, en op 6 Desember 2001 is die Grondwet van Kanada gewysig om "Newfoundland and Labrador" as die nuwe amptelike naam van die provinsie te bekragtig. In die omgangstaal verwys Kanadese nogtans gewoonlik na die provinsie as "Newfoundland" en na die vastelandse gebied as "Labrador".