Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Moksja мокшень кяль moksjen kjal | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Rusland | |
Gebied: | Mordowië | |
Totale sprekers: | 2 030[1] | |
Taalfamilie: | Oeraals Mordwiens Moksja | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Rusland | |
Gereguleer deur: | Mordwiense Navorsingsinstituut vir taal, letterkunde, geskiedenis en ekonomie | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | mdf | |
ISO 639-3: | mdf | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Moksja (мокшень кяль, moksjen kjal) is lid van die Wolga-Finse subafdeling van die Oeraalse taalfamilie. Dit het sowat 500 000 sprekers en is die belangrikste taal in die westelike deel van Mordowië.[2]
Moksja is een van drie amptelike tale in Mordowië. Die ander twee is Erzja en Russies. Die naaste taal aan Moksja is Erzja, maar sprekers kan nie mekaar se taal verstaan nie. Daar is tans ses dialekte: Sentraal-, Wes-, Suidwes-, Noord-, Suidoos- en Suid-Moksja.
Vanweë agglutinasie (sameklewing) kan woorde in Moksja taamlik lank wees. Die klem is altyd op die eerste lettergreep, maar is nie sterk nie en dit kan klink of alle lettergrepe ewe veel klem het. Dit word in die Cyrilliese alfabet geskryf, met ’n paar meer letters as Russies.