Knowledge Base Wiki

Search for LIMS content across all our Wiki Knowledge Bases.

Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.

Voeg skakels by
Mathys Roets
OorsprongSuid-Afrikaans
Beroep(e)Sanger
AssosiasiesDrie van die Bestes
Webwerfwww.mathysroets.co.za Edit this at Wikidata

Mathys Roets (Mathys van As Roets) is 'n Afrikaanse sanger. Hy is op 6 Junie 1966 in Krugersdorp gebore. Hy tree ook saam met Kevin Leo en Danie Niehaus onder die verhoognaam Drie van die Bestes op.

Roets was op 6 April 2009 in 'n ernstige motorfietsongeluk betrokke op pad na die KKNK op Oudtshoorn. Hy het 'n rugbesering opgedoen wat hom permanent in die onderlyf verlam gelaat het.[1]

Hy is ook mede-aanbieder van KykNET se leefstylprogram, Kamp dit uit, waar hy saam met Alexa Strachan toer. 'n Woonwa is spesiaal vir hom ingerig om rolstoel-toeganklik te wees.

Diskografie

  • Nokturne, 1996
  • A life in song, 1997
  • Brug na nêrens, 2000
  • Hy's ons man, 2000
  • Die tyd sal leer, 2002
  • Sings Leonard Cohen (DVD), 2005
  • Fluister, 2007
  • The very best of Cat Stevens, 2008
  • The very best of Roger Whittaker, 2008
  • The very best of Neil Diamond, 2008
  • My storie (DVD), 2009
  • In retrospeksie, 2009
  • Reën, 2020

Verwysings

  1. Kalp, Loraine (7 April 2009). "Mathys Roets ernstig beseer in motorfietsongeluk". Die Burger. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2010.

Sien ook

Eksterne skakels