Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
| |||||
Volle naam | Marnitz Louis Boshoff | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 11 Januarie 1989 | ||||
Geboorteplek | Nelspruit, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,79 m | ||||
Massa | 87 kg | ||||
Skool | Hoërskool Nelspuit | ||||
Universiteit | Universiteit van Pretoria | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel | ||||
Springbokno. | 861 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008–11 2012 2013– |
Blou Bulle Griekwas Goue Leeus |
24 13 17 |
(130) (37) (188) | ||
korrek soos op 26 April 2015. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013- | Lions | 24 | (209) | ||
korrek soos op 26 April 2015. |
Marnitz Boshoff (gebore in Nelspruit, 11 Januarie 1989) is ’n rugbyspeler wat vir die Lions as losskakel speel in die Superrugbyreeks. Hy het voorheen vir die Griekwas en die Blou Bulle gespeel het in die Curriebeker-reeks.
Hy speel sedert 2013 vir die Goue Leeus. [1]
Hy het in albei bene van die Leeus se promosie/relegasiewedstryde na die 2013 Superrugbyseisoen gespeel, [2][3] wat die Leeus weer hul plek in Superrugby terugbesorg het.
Hy is daarna gekies vir die Lionsspan in die 2014 Superrugbyseisoen [4] en maak sy Superrugbydebuut in 'n speler-van-die-wedstryd-vertoning tydens die eerste wedstryd van die seisoen. Hy teken al die Leeus se punte aan, insluitend 'n laasteminuut-skepskop, om die Cheetahs met 21-20 te klop in Bloemfontein. [5][6]