Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Mark Ruffalo | |
Mark Ruffalo in Junie 2014.
| |
Geboortenaam | Mark Alan Ruffalo |
---|---|
Geboorte | 22 November 1967 Kenosha, Wisconsin, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Lewensmaat | In 2000 getroud met Sunrise Coigney |
Kinders | 3 |
Beroep(e) | Akteur, vervaardiger, aktivis, regisseur, humanitaris |
Aktiewe jare | 1988–tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Mark Alan Ruffalo (geb. 22 November 1967)[1] is ’n Amerikaanse akteur, vervaardiger, aktivis, regisseur en humanitaris. Hy het die rol van die Marvel Comics-karakter dr. Bruce Banner/die Hulk in 2012 in The Avengers en in 2015 in Avengers: Age of Ultron vertolk.
Ruffalo is in Kenosha, Wisconsin, gebore. Sy pa, Frank Lawrence Ruffalo jr., was ’n verwer en sy ma, Marie Rose Hebert, ’n haarkapper en stilis.[2][3][4] Hy het twee susters, Tania en Nicole, en ’n broer wat in 2008 dood is.[2] Sy pa is van Italiaanse afkoms en sy ma is half-Frans-Kanadees en half-Italiaans.[5]
Ruffalo het homself al as ’n gelukkige kind beskryf,[6] hoewel hy as kind en jong volwassene aan ongediagnoseerde disleksie en aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring (AGHS) gelei het.[7] Hy het in Virginië grootgeword, waar sy pa gewerk het, en het op skool aan stoei deelgeneem. Hy het saam met sy gesin na San Diego in Kalifornië verhuis en daarna na Los Angeles. Hy was vir ’n paar produksies vir die Orpheus Theatre Company skrywer, regisseur en akteur en het amper ’n dekade lank as kroegman gewerk.[8]
Ná die rol waarmee hy aandag getrek het in You Can Count on Me (2000), het hy in hoogs aangeskrewe prente verskyn soos Collateral (2004), Eternal Sunshine of the Spotless Mind (2004), Zodiac (2007) en Shutter Island (2010). Vir sy spel in The Kids Are All Right (2010) en Foxcatcher (2014) is hy benoem vir ’n Oscar en Golden Globe vir beste manlike byspeler.[2] In 2015 het hy weer lof en verskeie benoemings gekry vir sy spel in Infinitely Polar Bear en Spotlight.
Vir televisie het hy ’n Screen Actors Guild-prys gewen en ’n Emmy- en Golden Globe-benoeming gekry vir The Normal Heart, wat hy ook vervaardig het.
Ruffalo is sedert Junie 2000 getroud met Sunrise Coigney en hulle het drie kinders: die seun Keen (geb. 2001) en dogters Bella Noche (geb. 2005) en Odette (geb. 2007). Hulle woon in Manhattan.[9]
Ná die voltooiing van die prent The Last Castle in 2001 is Ruffalo gediagnoseer met ’n soort breingewas en is hy geopereer. Die gewas was goedaardig, maar het gelei tot ’n tydperk van gedeeltelike gesigsverlamming.[3] Hy het van die verlamming herstel, maar is sedertdien doof in sy linkeroor.[7]
Op 1 Desember 2008 is Ruffalo se broer, Scott, by sy huis in Beverly Hills geskiet.[10] Volgens een berig was dit ’n skoot in ’n teregstellingstyl van agter in die kop.[11] Hy is op 8 Desember dood. Die polisie het twee mense, ’n man en vrou, in hegtenis geneem.[12] Die vrou se prokureur het vir die polisie gesê Scott Ruffalo het homself per ongeluk geskiet.[13][14] Die vroulike verdagte is op 6 Januarie 2012 dood.[15]
Op 4 Oktober 2006 het hy op die daaglikse nuusprogram Democracy Now! verskyn en gepraat teen die oorlog in Irak, marteling en die administrasie van George W. Bush. Hy het op 14 Augustus 2008 op ’n program van Penn & Teller: Bullshit! verskyn met die titel "Wêreldvrede"[16] en is ’n voorstander van keuses vir ’n mens. Hy het gesê hy wil nie hê die tyd moet teruggaan na waar vroue hul swangerskappe onwettig laat beëindig het nie.[17]
Hy is ook ’n ondersteuner van LGBT-regte en is gekant teen hidrobreking (fracking). In 2008 het hy die bekendste teenstander daarvan geword nadat hy sy eie ondersoek oor die onderwerp gedoen het.[18] Hy het in verskeie programme verskyn om daaroor te praat.[19][20][21] In 2014 het hy ’n rol in ’n dokumentêr gespeel oor die gevolge van ’n groot olielekking.[22]
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1992 | Rough Trade | Hank | Kortfilm |
1994 | Mirror, Mirror 2: Raven Dance | Christian | |
1994 | There Goes My Baby | J.D. | |
1995 | Mirror, Mirror III: The Voyeur | Joey | |
1996 | The Destiny of Marty Fine | Brett | |
1996 | The Dentist | Steve Landers | |
1996 | Blood Money | Attorney | |
1996 | The Last Big Thing | Brent Benedict | |
1998 | Safe Men | Frank | |
1998 | 54 | Ricko | |
1999 | How Does Anyone Get Old? | Johnnie | Kortfilm |
1999 | A Fish in the Bathtub | Joel | |
1999 | Ride with the Devil | Alf Bowden | |
2000 | You Can Count on Me | Terry Prescott | |
2000 | Committed | T-Bo | |
2001 | The Last Castle | Yates | |
2001 | Apartment 12 | Alex | |
2002 | XX/XY | Coles | |
2002 | Windtalkers | Weerman Pappas | |
2003 | My Life Without Me | Lee | |
2003 | View from the Top | Ted Stewart | |
2003 | In the Cut | Speurder Giovanni A. Malloy | |
2004 | We Don't Live Here Anymore | Jack Linden | Ook uitvoerende vervaardiger |
2004 | Eternal Sunshine of the Spotless Mind | Stan | |
2004 | 13 Going on 30 | Matt Flamhaff | |
2004 | Collateral | Ray Fanning | |
2005 | Just Like Heaven | David Abbott | |
2005 | Rumor Has It... | Jeff Daly | |
2006 | All the King's Men | Adam Stanton | |
2007 | Chicago 10 | Jerry Rubin (stem) | |
2007 | Zodiac | Inspekteur Dave Toschi | |
2007 | Reservation Road | Dwight Arno | |
2008 | Blindness | Dokter | |
2008 | What Doesn't Kill You | Brian Reilly | |
2009 | The Brothers Bloom | Stephen | |
2009 | Where the Wild Things Are | Adrian | |
2009 | Sympathy for Delicious | Joe | Ook regisseur en vervaardiger |
2010 | The Kids Are All Right | Paul Hatfield | |
2010 | Shutter Island | Chuck Aule / dr. Lester Sheehan | |
2010 | Date Night | Brad Sullivan | |
2011 | Margaret | Gerald Maretti | |
2012 | The Avengers | Dr. Bruce Banner / die Hulk | |
2013 | Thanks for Sharing | Adam | |
2013 | Iron Man 3 | Dr. Bruce Banner | Geen erkenning |
2013 | Now You See Me | Dylan Rhodes | |
2013 | Begin Again | Dan Mulligan | |
2014 | Infinitely Polar Bear | Cam Stuart | Ook uitvoerende vervaardiger |
2014 | Foxcatcher | Dave Schultz | |
2015 | Avengers: Age of Ultron | Dr. Bruce Banner / die Hulk | |
2015 | Spotlight | Michael Rezendes | |
2016 | Now You See Me 2 | Dylan Rhodes |
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1989 | CBS Summer Playhouse | Michael Dunne | Episode: "American Nuclear" |
1994 | Due South | Vinnie Webber | Episode: "A Cop, a Mountie, and a Baby" |
1997 | On the 2nd Day of Christmas | Bert | TV-fliek |
1998 | Houdini | Theo | TV-fliek |
2000 | The Beat | Zane Marinelli | 8 episodes |
2008 | Penn & Teller: Bullshit! | Homself | Episode: "Wêreldvrede" |
2014 | The Normal Heart | Alexander 'Ned' Weeks | TV-fliek; ook uitvoerende vervaardiger |
Jaar | Prys | Werk |
---|---|---|
2000 | Boston Society of Film Critics Award vir beste akteur(3de plek) | You Can Count on Me |
Los Angeles Film Critics Association New Generation Award | ||
Montreal-rolprentfeesprys vir beste akteur | ||
National Society of Film Critics Award vir beste akteur (2de plek) | ||
San Diego Film Critics Society Award vir beste akteur (2de plek) | ||
Southeastern Film Critics Association Award vir beste akteur (3de plek) | ||
Toronto Film Critics Association Award vir beste akteur (2de plek) | ||
2009 | Sundance Film Festival Special Jury Prize | Sympathy for Delicious |
2010 | Boston Society of Film Critics Award vir beste akteur (2de plek) | The Kids Are All Right |
New York Film Critics Circle Award vir beste manlike byspeler | ||
2012 | MTV Movie Award vir beste geveg | The Avengers |
2014 | Emmy vir uitnemende TV-rolprent (medevervaardiger) | The Normal Heart |
Satellite Award vir beste akteur | ||
Screen Actors Guild Award vir uitmentende spel | ||
Hollywood Film Award vir beste span | Foxcatcher | |
Gotham Independent Film Jury Award | ||
2015 | Gotham Independent Film Awards vir beste span | Spotlight |
Independent Spirit Award | ||
Satellite Award vir beste span |
Ruffalo, an Italian-French-Canadian mix,,,