Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Kroonblare is aangepaste blare wat die voortplantingsdele van blomme omring. Hulle het dikwels helder kleure of buitengewone vorms om insekte te lok. Al die kroonblare van ’n blom word saam die blomkroon genoem. Daar is gewoonlik ook ’n ander stel blare, bekend as kelkblare, wat saam die blomkelk vorm. Die blomkroon en blomkelk vorm saam die blomdek. Wanneer die kroon- en kelkblare moeilik van mekaar onderskei kan word, word dit saam die blomdekblare genoem. Voorbeelde van plante waar van blomdekblare gepraat word, is genera soos Aloe en Tulipa. In teenstelling daarmee het genera soos Rosa en Phaseolus kroon- en kelkblare wat goed onderskeibaar is.
Kroonblare het verskeie funksies en doele, wat afhang van die soort plant. In die algemeen beskerm hulle sommige dele van die blom en trek insekte (wat behulpsaam is met bestuiwing van die plant) aan of stoot hulle af.
Die kroonblare kan verskillende reuke afgee om gewenste insekte te lok en ongewensde insekte af te stoot. Sommige kroonblare en blomme kan ook reuke naboots, soos dié van verrottende vleis, om insekte te lok.[1]
Verskeie kleureienskappe kan deur kroonblare aangeneem word om insekte te lok wat nie ’n goeie reuksin het nie. Sommige blomme kan die kleur van hul blare verander as ’n teken aan insekte om nader te kom of weg te bly.[2]
Die vorm en grootte van kroonblare is ook belangrik om die regte insekte te lok. Groot kroonblare kan byvoorbeeld insekte oor ’n ver afstand lok, of insekte wat self groot is.[2]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)