Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Kattekruid | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Lamiales |
Familie: | Lamiaceae |
Genus: | Nepeta |
Spesie: | N. cataria
|
Binomiale naam | |
Nepeta cataria (L.), (1753)
| |
Sinonieme | |
|
Kattekruid (Nepeta cataria) is ’n spesie van die genus Nepeta in die familie Lamiaceae, inheems tot die suidelike en oostelike dele van Europa, die Midde-Ooste, Sentraal-Asië en dele van China. Dit word wyd genaturaliseer in noordelike Europa, Nieu-Seeland en Noord-Amerika. Die algemene naam katment kan ook na die genus as ’n geheel verwys.
Die naam kattekruid en katment is afkomstig van die intense aantrekkingsreaksie wat omtrent twee-derdes van katte ervaar (alternatiewe bestaan, soos die valeriaanwortel en -blare). Kattekruid word ook as bestanddeel in sekere kruietees (of aftreksel) gebruik en word vir sy kalmerende en ontspannende eienskappe aangeslaan.
Nepata cataria is 'n kortstondige meerjarige, kruidagtige plant wat 50–100 cm (20–40 duim) hoog en wyd word, en wat van laat lente tot herfs blom. In voorkoms lyk N. cataria soos 'n tipiese lid van die kruisementfamilie van plante, met bruingroen blare met die kenmerkende vierkantige stam van die plantfamilie Lamiaceae.[9] Die growwetand-blare is driehoekig tot ellipties van vorm.[10] Die klein, tweelippige blomme van N. cataria is geurig en is óf pienk van kleur óf wit met fyn ligpers kolletjies.[10]
Nepeta cataria was een van die vele spesies wat Linnaeus in 1753 in sy landmerkwerk Species Plantarum beskryf het.[11] Hy het dit voorheen in 1738 beskryf as Nepeta floribus interrupte spicatis pedunculatis (wat beteken 'Nepeta met blomme in gesteelde, onderbroke aar'), voor die aanvang van die Linnaeaanse taksonomie.[12]
Die plant terpenoïed nepetalokton is die hoof chemiese samestelling van die essensiële olie van Nepeta cataria. Nepetalokton kan deur stoomdistillasie uit kattekruid onttrek word.
Nepeta cataria word verbou as ’n ornamentele plant vir gebruik in tuine. Dit word ook geplant vir sy kwaliteit om huiskatte en skoenlappers te lok.
Die plant is droogte-verdraagsaam en hertbestand. Dit kan as afweermiddel vir sekere insekte dien, insluitende plantluise en "squash bugs". Kattekruid groei die beste in volson en vorm ’n lae meerjarige bos.
Variteite sluit in Nepeta cataria var. citriodora (of N. cataria subsp. citriodora), of "suurlemoen-kattekruid", so genoem na aanleidiing van sy suurlemoengeurblare.
Die iridoïed wat op katte wat hulself teen die plante gevryf het en die oppervlakte van die kattekruid krap en silwer vingerdstokblare weer muskiete af. Daar is gevind dat die samestelling iridodiaal, 'n iridoïed wat uit kattekruidolie onttrek word, touvlerke lok wat plantluise en myte eet.[18]
Hulle reageer sterk op plante met nepetalokton, veral kattekruid, want hulle kan die stof waarneem teen minder as een deeltjie per miljard. Die reaksie word ook deur ander plante ontlok, soos duiwelsklou.
Nepetalokton is ’n muskiet- en vliegafweerder. Olie wat van die kattekruid geïsoleer word deur stoomdistillasie is ’n afweerder teen insekte, veral muskiete, kakkerlakke en termiete. Navorsing dui daarop dat, alhoewel dit 'n meer doeltreffende ruimtelike afweermiddel as DEET is,[23] in vergelyking met SS220 of DEET, dit nie so effektiewe afweermiddel is wanneer dit op die vel van mense gebruik word nie.[24]
Kattekruid het ’n geskiedenis van gebruik in tradisionele medisyne vir ’n verskeidenheid van kwale soos maagkrampe, slegte spysvertering, huiduitslag, koors en senuweetoestande. Die plant is ingeneem in die vorm van ’n tisaan, sap, tinktuur, aftreksel of kompressie, en is ook gerook.[25] Die medisinale gebruik daarvan het egter in onbruik geraak met die ontwikkeling van moderne medisyne.
Die effek van kattekruid op die meeste huiskatte sluit in, om daarin te rol, met hulle pote daaraan te raak en te rinkink. By katte wat nie biologies deur kattekruid geaffekteer word nie, mag ander plante ’n reaksie ontlok, insluitend valeriaanwortel en -blare, "silver vine" en Tatariese kamperfoeliehout (Lonicera tatarica).
Kattekruid bevat die katlokmiddel nepetalokton. N. cataria (en party ander spesies binne die genus Nepeta) is bekend vir hul gedragsuitwerking op die katfamilie en nie net huiskatte nie, maar ook op ander spesies. Verskeie toetse het getoon dat luiperds, poemas, tierboskatte en "lynxs" ook dikwels sterk op kattekruid reageer in ’n manier soortgelyk aan huiskatte. Leeus en tiere kan ook sterk reageer, alhoewel nie altyd in dieselfde manier nie.
Met huiskatte word N. cataria gebruik as ’n ontspanningsmiddel vir die genot van troeteldierkatte en kattekruid en kattekruid bevattende produkte wat ontwerp is vir die gebruik van huiskatte is beskikbaar vir verbruikers. Algemene gedrag wat katte wys as hulle die gekneusde blare en stingels van die kattekruid ruik is om hulself teen die plant te skuur, op die grond te rol, met hulle pote daaraan te raak, dit te lek en dit te kou. 'n Hoë inname van die kruid kan gevolg word deur kwyl, slaperigheid, angstigheid, rondspring en spin. Party grom, miaau, krap of byt die hand wat die kruid vashou. Die hoof reaksietydperk na blootstelling duur gewoonlik tussen 5 en 15 minute, waarna reukuitputting plaasvind. Een derde van katte word egter nie deur kattekruid aangetas nie. Die gedrag is oorerflik.
Katte bespeur nepetalokton deur die reukdekweefsel en nie deur hul vomeronasale (ploegskaarbeen) orgaan nie. By die reukdekweefsel bind die nepetalokton met een of meer reukreseptore.
’n 1962 raseg analise van 26 katte by ’n Siamese broeikolonie het beweer dat die kattekruidreaksie deur die Mendelian-dominante geen veroorsaak word. ’n 2011 raseg analise van 210 katte van twee broeikolonies (met metingsfoute by herhaaldelike toetse inaggenome) het geen bewys van Mendelian-oorerflikheidpatrone getoon nie, maar het oorerflikhede van h2 = 0.51-0.89 vir kattekruid-reaksiegedrag getoon, wat op 'n poligeniese aanspreeklikheidsdrempelmodel dui.[25][37][38] ’n Studie in Januarie 2021 gepubliseer stel voor dat katte spesifiek aangetrokke is tot die iridoïede nepetalokton en nepetalaktol wat in kattekruid en "silver vine" onderskeidelik voorkom.
Katte wat nie deur kattekruid aangetas word nie
Katte jonger as ses maande mag moontlik nie enige gedragsverandering teenoor kattekruid toon nie. Tot ’n derde van katte is geneties immuun tot die effek van kattekruid, maar mag dalk reageer op ander alternatiewe en dit geniet soos valeriaanwortel en -blare (Valeriana officinalis); "silver vine of matatabi" (Actinidia polygama), populêr in Asië; en Tatariese kamperfoeliehout (Lonicera tatarica).