Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
KDE | |
Ontwikkelaar | KDE-ontwikkelaars |
---|---|
Bedryfstelsel | Kruisplatform |
Kategorie | werkskermomgewing |
Lisensie | GPL en ander |
Webblad | http://www.kde.org/ |
KDE (K Desktop Environment) (ˌkeɪˌdiːˈiː) is 'n vrye-sagteware projek wat poog om 'n kragtige sisteem vir 'n maklik bruikbare werkskermomgewing te wees. Die doel van die projek is om basiese werkskermfunksies en toepassingsprogrammatuur vir die gewone gebruiker te skep, asook om die nodige nutsgoed en dokumentasie aan programmeerders te verskaf sodat hulle hul eie toepassingsprogrammatuur vir die omgewing kan ontwikkel. In hierdie opsig dien die KDE-projek as 'n oorkoepelende organiseringsnetwerk vir verskeie selfstandige toepassingsprojekte soos bv. Amarok, K3b, KOffice en vele meer...
KDE is in 1996 begin deur Matthias Ettrich, terwyl hy studeer het aan die Eberhard Karls Universiteit van Tübingen. Op daardie stadium was daar sekere aspekte van die UNIX werkskerm wat hom struwelinge besorg het. Een van sy grootste kwellings was dat geen van die werkskermprogrammatuur eenvormig gelyk of opgetree het nie. Hy het toe voorgestel dat daar 'n volledige werkskermomgewing geskep word wat bestaan uit elemente wat die gebruiker kon aanvaar sou deurgaans dieselfde lyk en optree. Hy wou ook hierdie omgewing so gebruikersvriendelik as moontlik maak. Hierdie voorstel het baie belangstelling op die internet gelok, en so was die KDE-projek toe gebore.
Matthias het besluit om die QT-gereedskapbundel te gebruik vir die KDE-projek. Ander programmeerders het vinnig begin om KDE/Qt toepassingsprogrammatuur te skryf en teen vroeg 1997 het groot en komplekse sagteware vir die omgewing begin verskyn. Op daardie stadium is Qt nie onder vrye-sagteware-lisensie vrygestel nie, en daar was dus lede van die GNU-projek wat bekommerd begin raak het oor die gebruik van 'n geslote gereedskapbundel om 'n vrye-sagtware werkskerm te bou. Die GNOME-projek het dus ontstaan, met die oogmerk om 'n nuwe werkskermomgewing te bou sonder Qt en wat heeltemal bo-op vrye-sagteware ontwikkel is.
Die Qt-gereedskapbundel is in November 1998 gelisensiëer onder die vrye/oopbron QPL (Q Public License). Gedurende hierdie selfde jaar het die KDE Vrye Qt-stigting ontstaan, wat sou waarborg dat Qt sou val onder 'n variant van die uiters liberale BSD-lisensie indien Trolltech sou ophou bestaan of geen vrye/oopbron weergawe van Qt in 12 maande vrygestel is nie. Daar was egter nou steeds debat oor versoenbaarheid met die GNU General Public License (GPL).
In September 2000 het Trolltech die Unix-weergawe van Qt vrygestel onder die GPL, sowel as die QPL. Dit het die bekommernisse van die Vrye-sagteware Stigting finaal uit die weg geruim. Die Qt 4.0 vrystelling (en latere vrystellings) is beskikbaar gemaak as vrye sagteware vir Unix, Windows en Mac, wat aantoon dat toekomstige KDE-weergawes moontlik inheemse vrystellings op hierdie platforms kan hê.
Beide KDE en GNOME neem nou deel aan freedesktop.org, 'n poging om die Unix-werkskerm te standardiseer, hoewel daar nog heelwat kompetisie tussen die twee projekte bestaan.
Die naam KDE is oorspronklik bedoel as 'n woordspeling op die bestaande Common Desktop Environment wat beskikbaar was vir Unix-sisteme. CDE was 'n X11-gebaseerde gebruikeromgewing wat gesamentlik deur HP, IBM en Sun ontwikkel is. Dit het 'n koppelvlak en produktiwiteitsnutsgoed gehad wat gebaseer was op die Motif-gebruikerskoppelvlakenjin en was veronderstel om 'n maklik-bruikbare en intuïtiewe werkskermomgewing te voorsien. Die K was bedoel om te staan vir Kool, maar daar is spoedig besluit dat dit liewer niks in besonder moet beteken nie.
Die KDE-projek se kenteken is 'n groen draak genaamd Konqi. Konqi kan in verskeie toepassings gevind word, en ook wanneer die gebruik sy sessie afsluit of die "Oor KDE"-skerm raadpleeg.
KDE is, soos baie ander vrye-/oopbronsagtewareprojekte, hoofsaaklik 'n vrywilligerspoging, hoewel verkeie maatskappye, soos bv. Novel (in die vorm van hul SuSE Linux-verspreiding), Trolltech en Mandriva, voltydse werknemers het wat aan die projek bydra. Omdat groot hoeveelhede mense op verskeie maniere (bv. bronkode, vertalings en grafika) tot KDE bydra, is die organisering van die projek ingewikkeld. Die KDE-ontwikkelaars maak veral van e-pos-besprekingslyste gebruik om onderlangs probleme te bespreek.
Hoewel ontwikkelaars en gebruikers deesdae reg oor die wêreld gevind kan word, behou die projek 'n sterk basis in Duitsland. Die webbedieners is geleë by die Tübingen en Kaiserslautern universiteite, 'n Duitse nie-winsjaende organisasie (KDE e.v.) besit die KDE-handelsmerk, en KDE-konferensies vind dikwels plaas in Duitsland.
KDE is ontwikkel met Trolltech se QT-gereedskapbundel wat op die meeste Unix-verwante (bv. Linux en Mac OS X) en Microsoft Windows werk. Alle KDE 3-vrystellings is gebou op Qt 3, wat slegs vir Linux en Unix-verwante bedryfstelsels onder die GPL beskikbaargestel is. As gevolg hiervan is KDE 3 slegs op Windows beskikbaar deur van 'n X bediener gebruik te maak.
KDE 4 gaan gebaseer wees op Qt 4 - wat onder die GPL vir Windows en Mac OS X beskikbaargestel is. KDE 4-toepassingsprogrammatuur sal dus inheems op hierdie bedryfstelsels kan hardloop.
Toepassingsprogrammatuur vir KDE sluit in:
Datum | Vrystelling |
---|---|
14 Oktober 1996 | Projek aangekondig deur Matthias Ettrich |
12 Julie 1998 | KDE 1.0 vrysgestel[1] |
6 Februarie 1999 | KDE 1.1 vrygestel[2] |
3 Mei 1999 | KDE 1.1.1 vrygestel[3] |
13 September 1999 | KDE 1.1.2 vrygestel[4] (KDE 1.2 is beplan, maar nooit vrygestel nie [5][6][7]) |
15 Desember 1999 | KDE 1.89, ook bekend as Krash (onstabiele ontwikkelaarsvrystelling) |
23 Oktober 2000 | KDE 2.0 vrygestel |
26 Februarie 2001 | KDE 2.1 vrygestel |
15 Augustus 2001 | KDE 2.2 vrygestel |
3 April 2002 | KDE 3.0 vrygestel |
28 Januarie 2003 | KDE 3.1 vrygestel |
3 Februarie 2004 | KDE 3.2 vrygestel |
19 Augustus 2004 | KDE 3.3 vrygestel |
16 Maart 2005 | KDE 3.4 vrygestel |
29 November 2005 | KDE 3.5 vrygestel |
31 Januarie 2006 | KDE 3.5.1 vrygestel |
28 Maart 2006 | KDE 3.5.2 vrygestel |
31 Mei 2006 | KDE 3.5.3 vrygestel |
2 Augustus 2006 | KDE 3.5.4 vrygestel |
11 Oktober 2006 | KDE 3.5.5 vrygestel |
24 Januarie 2007 | KDE 3.5.6 vrygestel |
22 Mei 2007 | KDE 3.5.7 vrygestel |
16 Oktober 2007 | KDE 3.5.8 vrygestel[8] |
11 Desember 2007 | Verwagde vrystellingsdatum van KDE 4.0 |
11 Januarie 2008 | KDE 4.0.0 vrygestel |