Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
’n Jong stervoorwerp (JSV) is ’n ster in die vroeë stadium van ontwikkeling. Hulle kan in twee groepe verdeel word: protosterre en voorhoofreekssterre.
’n Ster vorm deur die ophoping van materie wat uit ’n sirkumstellêre skyf in die protoster val. Materie in die skyf is koeler as die protoster se oppervlak en dit straal dus lig teen langer golflengtes uit. So word ’n oormaat infrarooi uitgestraal. Namate die materie in die skyf opraak, neem die infrarooi af.
JSV's word dus gewoonlik in stadiums van evolusie geklassifiseer volgens die daling in die verspreiding van hulle spektrale energie in die middel-infrarooi. Daarvoor word ’n stelsel gebruik wat in 1987 deur Lada geskep is. Hy het drie klasse voorgestel (I, II en III), geskoei op die waardes van intervalle van spektraalindeks :[1]
.
Hier is die golflengte en die lugstroomdigtheid.
Die word bereken in die golflengte-interval van 2,2-20 (naby- en middelinfrarooistreek). Andre et al. het in 1993 ’n klas 0 ontdek: voorwerpe met sterk submillimeter-emissies, maar baie flou by .[2] Greene et al. (1994) het ’n vyfde klas van "platspektrum"-bronne bygevoeg.[3]
Dié klassifikasiestelsel weerspieël rofweg ’n evolusionêre volgorde. Die meeste Klas 0-bronne ontwikkel tot die Klas I-stadium en verloor hulle sirkumstellêre skyf. Eindelik word hulle opties sigbaar as voorhoofreekssterre.
Klas II-voorwerpe het sirkumstellêre skywe en stem rofweg ooreen met die klassieke T Tauri-sterre, terwyl Klas III-sterre hulle skywe verloor het en min of meer met T Tauri-sterre met swak lyne ooreenstem. Sterre in ’n tussenstadium, waar skywe net teen langer golflengtes waargeneem kan word (byvoorbeeld by ), is bekend as oorgangskyfvoorwerpe.
Drie stadium word geïdentifiseer: swaar JSV's, JSV's met ’n gemiddelde massa en bruindwerge.