Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Inflasie (afgelei van Latyn inflatio vir "aanswel", "deining") is die styging in die algemene prysvlakke van goedere en dienste in 'n ekonomie oor 'n gegewe tydperk. Die teenoorgestelde van inflasie is deflasie, waar die algemene vlak van pryse daal. Die oorspronklike berekening van inflasie was die aantal geld wat in vloei is hoe dit vermeerder of verminder het oor n spesifieke tydperk. Die reserwebank gebruik inflasieteikening om geld vloei voorraad te druk.
As gevolg van inflasie is meer geld nodig om vir goedere (soos 'n brood) en dienste (soos 'n haarsny of 'n buskaartjie) te betaal. Ekonome meet gereeld die inflasie van 'n ekonomie om die toestand daarvan te bepaal. 'n Mandjie van goedere word gewoonlik saamgestel en gereeld geprys om die koers te bepaal.