Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Giovanni Boccaccio | |
---|---|
Gebore | 16 Junie 1313 |
Sterf | 21 Desember 1375 (ouderdom 62) |
Nasionaliteit | Italiaans |
Beroep | skrywer, digter |
Giovanni Boccaccio was 'n Italiaanse digter en geleerde, wat die beste onthou word as outeur van die verhale in die Decamerone. Saam met Petrarch het hy die fondasie gelê vir die humanisme van die Renaissance, en die literatuur van die volkstaal opgehef tot op die vlak van die antieke klassieke literatuur.
Boccaccio was die seun van 'n Toskaanse sakeman, Boccaccio di Chellino (Boccaccino genoem) ,en 'n moeder wat waarskynlik van Franse afkoms was. Hy het sy vroeëre kinderdae op ongelukkige wyse deurgebring in Florence. Sy vader het geen simpatie gehad teenoor Boccaccio se literêre inklinasies nie, en het hom gestuur(nie later as 1328 nie) na Napels ten einde ondervinding van besigheid op te doen(waarskynlik in die kantoor van die Bardi's, wat die hof van Napels gedomineer het by wyse van hulle lenings). In hierdie atmosfeer het Boccaccio die aristokratiese kant van die kommersiële wêreld leer ken, sowel as ook dit wat oorgebly het van die prag en luisterrykheid van die ridderlikheid van die Hof; en Feodalisme.
Hy het ook kanonieke reg geleer en het gemeng met die geleerde mans van die hof en die vriende en bewonderaars van Petrarch, deur wie hy te hore gekom het van Petrarch.
Hierdie jare in Napels was verdermeer die jare van Boccaccio se liefde vir Fiammetta, wat Boccaccio se literêre skrywes en uitset gedomineer het tot die Decamerone. In die Decamerone verskyn daar trouens ook 'n Fiammetta wie se karakter ietwat ooreenstem met die karakter van die Fiammetta van sy vroeëre werke. Pogings om passasies van Boccaccio se skrywes te gebruik ten einde Fiammetta te identifiseer met die veronderstelde historiese Maria, die natuurlik dogter van Koning Robert, en vrou van die Graaf van Aquino , is onbetroubaar- te meer so omdat daar geen dokumentêre bewyse is dat dié Maria ooit bestaan het nie.
Dit was waarskynlik in 1340 dat Boccaccio teruggeroep is na Florence deur sy vader; wie betrokke was in die bankrotskap van die Bardi's. Die beskutte deel van sy lewe het dus tot 'n einde gekom, en daarna sou daar slegs moeilikhede en afwisselende periodes van armoede wees. Die jong Boccaccio het egter 'n klompie reeds voltooide werke van Napels af gebring. La caccia di Diana, een van sy vroegste werke, is 'n kort gedig in terza rima ('n iambiese vers bestaande uit stanzas van drie lyne) welke werk nie van groot verdienstelikheid was nie. Van sy meer belangrike werke is twee werke met temas wat verkry is van middeleeuse romanse: Il filocolo (c. 1336), a prosawerk in vyf boeke oor die liefdesverhouding en avonture van Florio en Biancofiore; en Il filostrato (c. 1338), 'n kort gedig in ottava rima ('n stanzavorm wat bestaan uit agt 11-lettergreep lyne) ,wat die verhaal vertel van Troilus en die ontroue Criseida. Die Teseida (waarskynlik begin in Napels en klaargemaak in Florence, 1340-41) is 'n ambisieuse epog van 12 cantos in ottava rym, waarin die oorloë van Theseus dien as die agtergrondstorie vir die liefde van twee vriende naamlik, Arcita en Palemone, vir dieselfde vrou (Emilia). Arcita wen haar liefde uiteindelik in 'n toernooi, maar sterf onmiddellik daarna.
Terwyl die temas van ridderlikheid en liefde van hierdie verhale lank reeds bekend was in die kringe van die hof, het Boccaccio hulle verryk met die vrugte van sy eie akute waarnemings van die werklike lewe. Hy het gepoog om die verhale op 'n edele en illustêre wyse voor te hou deur die vertoning van 'n retoriese ornament, ten einde sy Italiaans waardig te maak in terme van die vergelyking daarmee met die monumente van Latynse literatuur. Dit was ook Boccaccio wat die ottava rima tot literêre edelheid verhef het, welke die versmeter van die populêre minstrele was, wat weldra die karakteristieke voertuig van die Italiaanse verskuns sou word.
Boccaccio se vroeëre werke het 'n onmiddellike effek buite Italië gehad: Geoffrey Chaucer het inspirasie gekry van Il filostrato vir sy eie Troilus en Criseyde (soos William Shakespeare later sou doen vir Troilus en Cressida) en ook van Boccaccio se Teseida vir sy “Knight's Tale” in die Verhale van Kantelburg. Die 10 of 12 jare wat gevolg het op Boccaccio se terugkeer na Florence was die periode van sy volledige volwassenheid as skrywer, wat gekulmineer het in die Decamerone. Van 1341 tot 1345 het hy gewerk op Il ninfale d'Ameto(in prosa en terza rima); L'amorosa visione; 'n baie gemiddelde allegoriese gedig van 50 kort cantos in terza rima; die prosawerk Elegia di Madonna Fiammetta (1343–44); en laastens die gedig Il ninfale fiesolano (miskien 1344–45) in ottava rima, oor die liefde van die skaapwagter Africo vir die nimf Mensola.
Boccaccio het intussentyd herhaaldelik probeer om sy finansiële sake in orde te kry, alhoewel hy nooit daarin sou slaag om so te doen nie. Min is egter bekend van sy lewe na sy terugkoms na Florence. Hy was tussen 1345 en 1346 in Ravenna; in Forli in 1347, en in Florence gedurende die verwoesting van die Swart Dood, oftewel die Builepes, plaag van 1348, en was hy weer in Florence gedurende 1349.
Van baie meer belang as amptelike eerbewyse is Boccaccio se eerste ontmoeting met Petrarch in Florence in 1350. Die ontmoeting het gehelp om 'n beslissende verandering in Boccaccio se letterkundige werk te berde te bring. Boccaccio het die ouer man vereer en eerbiedig as sy meester; en Petrarch het homself bewys as 'n serene berader waarop altyd staat gemaak kon word en wat altyd van hulp was, asook 'n hulpvaardige en betroubare helper. Saam het hulle, deur die uitruiling van boeke, nuus en idees, die fondasie gelê vir die humanistiese herowering van die antieke wêreld.
Na die Decameron; ten opsigte waarvan Petrarch in onkunde gebly het tot die laaste jare van sy lewe; het Boccaccio niks in Italiaans geskryf behalwe die Il Corbaccio, (1354–55-'n satire op 'n weduwee wat hom verwerp het) ;sy laat skrywes op Dante, en miskien hier en daar 'n liriek nie. Hy het instede daarvan homself gewend tot Latyn en homself toegewy aan humanistiese studies eerder as aan verbeeldingryke werk of poëtiese skeppingswerk.
Sy encyclopaedic De genealogia deorum gentilium (“Op die Genealogie van die Gode van die Heidene") , middeleeus in struktuur maar humanisties in gees, was waarskynlik begin in dieselfde jaar as sy ontmoeting met Petrarch maar was herhaaldelik en konsekwent gekorrigeer en hersien tot sy dood. Sy Bucolicum carmen (1351–66), 'n reeks allegoriese eclogues (kort pastorale gedigte) op kontemporêre gebeure; volg klassieke modelle op lyne wat alreeds aangedui was deue Dante en Petrarch. Sy ander Latynse werke sluit die De claris mulieribus (1360–74) in, wat 'n versameling biografieë van bekende vroue is; en die De casibus virorum illustrium (1355–74; “Op die Lot van Bekende Mans”), wat handel oor die onvermydelike katastrofe wat op almal wag wat te gelukkig is.
Die ontmoeting met Petrarch was egter nie die enigste oorsaak van die verandering in Boccaccio se skryfwerk nie. 'n Premature of voortydige verswakking van sy fisiese kragte en ook teleurstellings wat die liefde betref mag ook bygedra het daartoe. Sulke gebeure sou verduidelik waarom Boccaccio, wat voorheen altyd met lof oor vroue en liefde geskryf het, skielik die erge misoginistiese skrywe Corbaccio geskryf het en toe sy aandag en genialiteit aan ander sake begin bestee het. Daar is verdermeer tekens dat hy miskien aan godsdienstige twyfel begin ly het.
Petrarch beskryf hoe die Kartaagse monnik, Pietro Petrone op sy sterfbed in 1362 'n ander Kartaginiër, Gioacchino Ciani ,gestuur het om Boccaccio te oortuig om sy wêreldse studies te verwerp; en dit was Petrarch wat Boccaccio daarvan weerhou het om sy werke te verbrand en sy biblioteek te verkoop. So vroeg as 1360 was Boccaccio se leefwyse beskou as net asketies genoeg ten einde die taak van die pastorale verpleging van siele in 'n katedraal aan hom toe te vertrou. Hy het baie jare vroeër mindere ordes geneem, met miskien ten eerste die hoop om voordele daaruit te verkry.
Boccaccio se sirkel van kennisse in Florence was van uiterste belang as 'n nukleus van vroeëre Humanisme. Leonzio Pilato, aan wie Boccaccio van 1360 tot 1362 huisvesting gegee het en wie se nominasie as Leser in Grieks by die Studio (die ou universiteit van Florence) hy bewerkstellig het; het die rowwe Latynse vertaling gemaak waardeur Petrarch en Boccaccio bekend geraak het met Homerosse gedigte- die beginpunt van Griekse studies deur die humaniste.
Die herwinning van klassieke Latynse tekste soos Varro, Martial, Apuleius, Marcus Annaeus Seneca, Ovidius, en belangrikste van almal, - Tacitus—, het ook Boccaccio se bewonderenswaardige aandag opgeneem. Hy het ten spyte daarvan, het hy nie die Italiaanse digkuns; en sy entoesiasme vir sy onmiddellike voorgangers (veral Dante) verwaarloos nie. Dit was een van die eienskappe wat hom onderskei het van Petrarch. Sy Vita di Dante Alighieri of Trattatello in laude di Dante (die "Klein traktaat ter Lofprysing en Verering van Dante"), en die twee verkorte weergawes daarvan wys op sy toewyding aan Dante.
Die bogenoemde studies was in armoede nagejaag, en somtyds amper in godskreiende armoede, en Boccaccio moes sy inkomste verdien deur die vertaling van sy eie werke, of die van ander. In 1363 het armoede hom daartoe gedwing om na die dorpie van Certaldo te gaan. In Oktober 1373 get hy egter begin om openbare lesings van Dante se Goddelike Komedie te gee in die Kerk van San Stefano di Badia in Florence. 'n Gewysigde teks van die kommentaar wat hy saamgegee het met hierdie lesings bestaan steeds, maar breek af by die punt in 1374 waar swak gesondheid hom entoesiasme laat verloor het. Petrarch se dood in Julie 1374 was 'n ander smartlike en hartseer gebeurtenis wat hom 'n knou toegedien het. Boccaccio het die volgende jaar in Certaldo gesterf en was begrawe in die Kerk van SS. Michele e Jacopo
Boccaccio was in amper elke opsig 'n man van die Renaissance. Sy humanisme het nie slegs uit klassieke studies en die poging om antieke tekste te herontdek en te herinterpreteer bestaan nie, maar ook uit die poging om literatuur in die moderne tongvalle te verhef na die vlak van die klassieke tale deur die stel van streng standaarde daarvoor, en die voldoening aan daardie standaarde. Boccaccio het verder as Petrarch in die rigting gevorder, nie slegs omdat hy daarna gestreef het om prosa sowel as poësie te veredel nie, maar ook omdat hy alledaagse ondervindinge, beide tragies en komies, veredel het in werke soos sy Ninfale fiesolano, sy Elegia de Madonna Fiammetta en die Decamerone.
Alhoewel sy Teseida en Ninfale d'Ameto vergelyk kan word met klassieke genres, het sy Filocolo en Filostrato die literatuur van ridderlikheid en liefde, wat tot op die vlak van die alledaagse verval het, verhef tot geleerde kuns. Dieselfde aandag aan populêre en middeleeuse temas karakteriseer Italiaanse kultuur in die tweede helfte van die 15de eeu.
Sonder Boccaccio, sou die literêre hoogtepunt van die Italiaanse Renaissance histories onverstaanbaar gewees het.