Search for LIMS content across all our Wiki Knowledge Bases.
Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Die Geminides is ’n meteoorreën wat deur die voorwerp 3200 Phaethon veroorsaak word;[4] dit is vermoedelik ’n Pallas-asteroïde[5] met ’n rotskomeetwentelbaan.[6] Die Geminides en Quadrantides is die enigste meteoorreëns wat nie deur ’n komeet veroorsaak word nie. Die meteore van dié reën beweeg stadig en kan in Desember gesien word – die hoogtepunt is die oggend van 14 Desember. Die reën word blykbaar elke jaar intenser en tydens onlangse voorvalle is 120 tot 160 meteore per uur waargeneem onder die beste sigtoestande, gewoonlik omstreeks 02:00 tot 03:00. Die Geminides is in 1862[1] die eerste keer waargeneem – baie meer onlangs as ander meteoorreëns soos die Perseïdes (36 n.C.) en Leonides (902 n.C.).
Uitstralingspunt
Die Geminides lyk of hulle van ’n sentrale punt in die sterrebeeldTweeling kom, vandaar hul naam. Hulle kan egter op enige plek aan die hemelruim voorkom en lyk dikwels gelerig. Noord van die ewenaar styg die uitstralingspunt net voor sonsopkoms. In die Suidelike Halfrond word die uitstralingspunt eers omtrent middernag sigbaar. In die Noordelike Halfrond kan meer meteore gesien word omdat die uitstralingspunt hoër in die lug is.[7] Die meteore beweeg teen ’n gemiddelde spoed in vergelyking met dié van ander reëns, sowat 35 km per sekonde, en hulle is dus maklik om te sien. Die Geminides word nou deur baie beskou as die mees konsekwente en aktiefste jaarlikse meteoorreën. Geminides disintegreer op ’n hoogte van sowat 38 km of meer.[8]