Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Etileen |
Chemiese formule | H2C=CH2 |
Molêre massa | 28,054 g/mol[1] |
CAS-nommer | 74-85-1[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -169 °C[2] |
Kookpunt | -101,7 °C[2] |
Digtheid | 858,3 ml/g @20 °C, 1 Atm[1] |
Oplosbaarheid | 0,26%[2] |
Kritieke temperatuur | 9,9 °C[1] |
Henry se konstante | 14,8 x 10-3 [L/mol.atm] 1800 [K][3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Selfontbrandingspunt | 490 °C[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Etileen of eteen is ’n koolwaterstof met die formule C2H4 of H2C=CH2. Dit is ’n kleurlose, vlambare gas met ’n effense "soet en muskusagtige" reuk wanneer dit suiwer is.[4] Dit is die eenvoudigste alkeen (’n koolwaterstof met ’n dubbele koolstofverbinding).
Etileen word algemeen in die chemiese bedryf gebruik en die wêreldwye vervaardiging daarvan (meer as 150 miljoen ton in 2016)[5] oorskry dié van enige ander organiese verbinding.[6][7]
’n Groot deel van die produksie word gebruik vir poliëtileen, ’n plastiek wat polimeerkettings van etileeneenhede in verskeie lengtes bevat. Etileen is ook ’n belangrike planthormoon en word in landbou gebruik om vrugte te dwing om ryp te word.[8] Etileen se hidraat is etanol.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)