Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Inuïete | |
---|---|
Tradisionele qamutik (slee), Cape Dorset, Nunavut, Kanada. | |
Totale bevolking: | 118 426[1][2][3] |
Belangrike bevolkings in: | Groenland 51 365[2] Kanada 50 480[1] Verenigde State 16 581[3] |
Taal: | Eskimo-Aleoetiese tale, Deens, Engels, Frans en verskeie andere |
Geloofsoortuiging: | Christendom, Inuïtiese geloof |
Verwante etniese groepe: | Aleoete en Yupiks |
Inuïete is die naam van die Eskimo's van Groenland en Kanada vir hulself. Die Eskimo's van Alaska word Yupik genoem en is verwant aan die Siberiese Yupiks van die noordooste van die Russiese Verre-Ooste.
Die woord "Inuïet" word meestal as sinoniem vir "Eskimo" gebruik omdat sommige Eskimo's laasgenoemde naam as neerhalend beskou. Die Inuïtiese Sirkumpolêre Konferensie van 1977 in Barrow, Alaska, het besluit om die woord Eskimo oorkoepelend met die woord Inuïet te vervang, ongeag watter plaaslike naam gebruik word. In Afrikaans word dié tradisie gevolg.
Die Inuïete praat verskillende tale van die Eskimo-Aleoetiese taalgroep (die Inuïtiese tale), waarvan Inuktitut in Kanada en Groenland die meeste sprekers het. Die Inuïete het nie ’n letterkundige tradisie nie, maar besit ’n ryk skat van mondeling oorgelewerde mites en verhale, die Inuïtiese mitologie.