Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
| |||||
Volkslied: Aruba Dushi Tera (Papiaments vir: "Aruba, lieflike land") Koninklike volkslied: Wilhelmus | |||||
Hoofstad | Oranjestad | ||||
Grootste stad | Oranjestad | ||||
Amptelike tale | Nederlands en Papiaments[1] | ||||
Regering | Unitêre parlementêre verteenwoordigende demokrasie onder 'n grondwetlike monargie Willem-Alexander Alfonso Boekhoudt Evelyn Wever-Croes | ||||
Onafhanklikheid Outonomiteit
• Datum |
binne die Koninkryk van die Nederlande 1 Januarie 1986 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
180[2] km2 69 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2020-sensus - Digtheid |
106 739[3] (180ste) 108 166[4] 560,4 / km2 (22ste) 1 451,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
Geldeenheid | Floryn (AWG )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .aw | ||||
Skakelkode | +297 |
Aruba (Nederlands: [aːˈrubaː] of [aːˈrybaː], ; Papiaments: [aˈruba]), amptelik die Land Aruba (Nederlands: Land Aruba; Papiaments: Pais Aruba), is 'n eilandstaat in die Karibiese See en behoort tot die ABC-eilande net noord van Venezuela. Tot in 1986 het Aruba deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 1 Januarie 1986 'n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande.[6]
Die amptelike tale is Nederlands en Papiaments (die volkstaal); ander tale wat gepraat word is Spaans en Engels. Die hoofstad en grootste stad is Oranjestad. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 180 km² en het 'n bevolking van 106 739 in 2022 gehad.
Daar bestaan verskeie teorieë oor die oorsprong van die naam "Aruba":[7][8]