Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
'n Aminosuur is 'n organiese verbinding wat sowel 'n aminogroep (—NH2) as 'n karboksielgroep (—COOH) in dieselfde molekule bevat.
Aminosure speel 'n uiters belangrike rol in die biochemie omrede dit die boublokke is wat proteïene vorm. Dié aminosure wat biologies belangrik is, is nogtans net 'n subgroep van die chemiese klasse van die aminosure. Die twee funksionele groepe is aan dieselfde koolstofatoom gesubstitueer en hulle word die alfa-aminosure genoem.
Daar bestaan ook beta-, gamma-aminosure, ensomeer maar hulle is biologies minder belangrik.
'n Aminosuur is sowel 'n basis as 'n suur en kan daardeur 'n zwitterioon vorm waar die suurgroep 'n proton aan die aminogroep afstaan. Die eienskappe van die aminosuur word deur sy syketting R— bepaal.
Daar is 21 aminosure wat as boublokke van die proteïene optree. Hulle word die proteïenogene aminosure genoem en dikwels met een hoofletter van die alfabet of met 'n drieletterkode weergegee:
Letter | 3-kode | Naam | Klas |
---|---|---|---|
R | Arg | Arginien | Met gelaaide syketting (+) |
H | His | Histidien | Met gelaaide syketting (+) |
K | Lys | Lisien | Met gelaaide syketting (+) |
D | Asp | Aspartiensuur | Met gelaaide syketting (-) |
E | Glu | Glutamiensuur | Met gelaaide syketting (-) |
S | Ser | Serien | Met polêre ongelaaide syketting |
T | Thr | Treonien | Met polêre ongelaaide syketting |
N | Asn | Asparagien | Met polêre ongelaaide syketting |
Q | Gln | Glutamien | Met polêre ongelaaide syketting |
C | Cys | Sisteïen | Besondere gevalle |
U | Sec | Selenosisteïen | Besondere gevalle |
G | Gly | Glisien | Besondere gevalle |
P | Pro | Prolein | Besondere gevalle |
A | Ala | Alanien | Met hidrofobe syketting |
I | Ile | Isoleusien | Met hidrofobe syketting |
L | Leu | Leusien | Met hidrofobe syketting |
M | Met | Metionien | Met hidrofobe syketting |
F | Phe | Fenielalanien | Met hidrofobe syketting |
W | Trp | Triptofaan | Met hidrofobe syketting |
Y | Tyr | Tirosien | Met hidrofobe syketting |
V | Val | Valien | Met hidrofobe syketting |