Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Aleksander II | |
---|---|
Keiser van die Hele Rusland | |
Aleksander II, die "Tsaar-bevryder" | |
Dinastie | Romanof |
Bewind | 1855–1881 |
Kroning | 7 September 1856 |
Volle naam | Aleksander Nikolajewitsj Romanof |
Ander titels | Tsaar Groothertog van Finland Koning van Pole (tot 1867) |
Gebore | 29 April 1818 |
Gesterf | 13 Maart 1881 |
Sint Petersburg | |
Voorganger | Nikolaas I |
Opvolger | Aleksander III |
Gade | Marie van Hesse-Darmstadt Katharina Michailowna Dolgoroekowa (morganaties) |
Kinders | Aleksandra, Nikolaas, Aleksander III, Maria, Wladimir, Aleksei, Sergei, Paul |
Vader | Nikolaas I |
Moeder | Charlotte van Pruise (Aleksandra Fjodorowna) |
Aleksander II Nikolajewitsj (Russies: Александр II Николаевич) (Moskou, 29 April 1818 — Sint Petersburg, 13 Maart 1881) was van 1855 tot met sy sluipmoord in 1881 keiser van Rusland.
Aleksander II se hervormings het groot byval gevind. Hy begenadig in 1856 die Dekabriste en skaf in 1861 lyfeienskap af, wat hom die bynaam "Bevryder van Rusland" besorg. Dit word egter veral uit ekonomiese oorwegings gedoen. Aleksander wil ’n groot klas onafhanklike en selfstandige boere skep en daarnaas ’n groep mense wat Rusland se nywerheidsbehoeftes kan bevredig. Hy voer ook gedeeltelike selfbestuur in met die skep van zemstwo's. Dit word egter net in die sentrale dele gedoen omdat Aleksander bang is dit versterk die separatistiese idees in die grensgebiede. Hy verbeter ook regspraak, verslap sensuur en verkort in 1859 die diensplig in die leër van 25 tot 15 jaar.
Hy voer ook hervormings deur in die onderwys. Danksy hom word in die 1860's nuwe universiteite gestig. Tussen 1867 en 1869 voer hy kerklike hervormings deur. Die "Tsaar-bevryder" bring ook ’n einde aan die willekeur van die burokrasie en polisie. So verander hy Rusland geleidelik van ’n polisiestaat in ’n regstaat geskoei op die Europese model.
Ná die tweede Poolse opstand in 1863, wat hy hardhandig onderdruk, word sy politiek behoudender. Tydens sy bewind is Rusland se grondgebied aansienlik uitgebrei, veral in Asië. Die keiser bedwing die opstandige stamme van die Kaukasus. Die toenemende aanslae van die nihiliste beantwoord hy met streng polisiemaatreëls. Terselfdertyd laat hy egter ’n soort grondwet ontwerp wat verteenwoordiging van die zemstvo's in die regering moontlik maak. Die dag waarop hy die plan goedkeur, sterf hy ná ses mislukte aanslae in ’n sluipmoordaanval deur die rewolusionêre Narodnaja Wolja. Sy beleidrigtings was taamlik teenstrydig, en dit het veroorsaak dat die konserwatiewe hom te liberaal gevind het en die liberale te konserwatief. Hy word opgevolg deur sy meer konserwatiewe seun Aleksander III.
Aleksander was sedert 1841 getroud met Marie van Hesse-Darmstadt (Maria Aleksandrowna), dogter van Lodewyk II van Hesse-Darmstadt. Uit die huwelik is agt kinders gebore:
Marie is op 3 Junie 1880 oorlede. Op 18 Julie [O.S. 6 Julie] 1880 het Aleksander II en sy minnares, Katharina Dolgoroekowa, in die geheim 'n morganatiese huwelik op Tsarskoje Selo aangegaan.[1] Dit het 'n groot skande aan die hof en in sy familie veroorsaak, deels omdat dit binne die routydperk van 40 dae ná sy eerste vrou se dood was.[1] Aleksander het aan sy tweede vrou die titel prinses Joerijefskaja gegee en wettige status aan hulle kinders verleen.[1]
Voor die huwelik het hulle vier kinders gehad:
Pieter III van Rusland | ||||||||||||||||
Paul van Rusland | ||||||||||||||||
Katharina II van Rusland | ||||||||||||||||
Nikolaas I van Rusland | ||||||||||||||||
Aleksander II van Rusland | ||||||||||||||||