29 Augustus is die 241ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (242ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 124 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
1387 – Hendrik V van Engeland , 'n koning van Engeland († 1422 ).
1619 – Jean-Baptiste Colbert , 'n Franse politikus († 1683 ).
1632 – John Locke , 'n Engelse filosoof († 1704 ).
1795 – Abraham Faure , die vader van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch († 1875 ).
1842 – Albert Henry Hime , 'n Eerste Minister van Natal († 1919 ).
1915 – Ingrid Bergman , Sweedse aktrise († 1982 ).
1920 – Charlie Parker , Amerikaanse jazz saxofoonspeler en komponis († 1955 ).
1921 – Iris Apfel , Amerikaanse sakevrou, binnehuisversierder en mode-ikoon.
1923 – Richard Attenborough , Britse akteur en rolprentmaker († 2014 ).
1924 – Samuel Hynes , Amerikaanse vlieënier, letterkunde-professor en skrywer († 2019 ).
1936 – John McCain , Amerikaanse politikus († 2018 ).
1947 – James Hunt , Britse renjaer, Formule Een Wêreldkampioen in 1976 († 1993 ).
1948 – Paul Skelton , Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van varswatervisse .
1958 – Michael Jackson , Amerikaanse sanger († 2009 ).
1961 – Ahmed Aboutaleb , Nederlandse politikus van Marokkaanse afkoms.
1964 – Steve Hofmeyr , Suid-Afrikaanse sanger en akteur.
1981 – Brian Chesky , Amerikaanse sakeman en industriële ontwerper en die medestigter en Hoof- uitvoerende beampte van Airbnb .
Sterftes
886 – Basilius I die Masedoniër , Bisantynse keiser (* circa 830/835)
1799 – Pous Pius VI , die 250ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1717 ).
1957 – Jozef Cantré , Belgiese beeldhouer (* 1890 ).
1974 – Blaar Coetzee , Suid-Afrikaanse politikus, koerantman en sakeman (* 1914 ).
1977 – Jean Hagen , Amerikaanse aktrise (* 1923 ).
1982 – Ingrid Bergman , Sweedse aktrise (* 1915 ).
1985 – Evelyn Ankers , Brits-Amerikaanse aktrise (* 1918 ).
1987 – Lee Marvin , Amerikaanse akteur (* 1924 ).
1992 – Félix Guattari , Franse psigiater (* 1930 ).
2000 – Shelagh Fraser , Engelse aktrise (* 1922 ).
2004 – Hans Vonk , Nederlandse dirigent (* 1942 ).
2005 – Jurgens Lambrechts , bekende deelnemer aan Afrikaanse radio-vasvraprogramme (* 1932 ).
2007 – Pierre Messmer , Franse politikus, 154ste Eerste Minister van Frankryk (* 1916 ).
2008 – Geoffrey Perkins , Engelse akteur en vervaardiger (* 1953 ).
2016 – Gene Wilder , Amerikaanse akteur, komediant en filmregisseur (* 1933 ).
2019 – Phil Heemstra , Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van seevisse (* 1941 ).
2020 – Jürgen Schadeberg , Duits-gebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar (* 1931 ).
2021 – Jacques Rogge , Belgiese ortopediese chirurg en agste president van die Internasionale Olimpiese Komitee (* 1942 ).
2021 – Ed Asner , Amerikaanse akteur (* 1929 ).
2022 – Charlbi Dean , Suid-Afrikaanse aktrise en model (* 1990 ).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae