Search for LIMS content across all our Wiki Knowledge Bases.
Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
28 Maart is die 87ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (88ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 278 dae in hierdie jaar.
Gebeure
845 – Parys word beleer deur Viking stropers, waarskynlik onder die leiding van Ragnar Lodbrok, wat 'n groot klomp geld verlang voor hulle bereid is om die stad te verlaat.
1964 – Die eerste roofradio-stasie, Radio Caroline, word gevestig.
1979 – In Pennsilvanië faal 'n pomp in die verkoelingstelsel van die kernreaktor by Three Mile Island, wat daartoe lei dat radio-aktiewe water ontsnap en lei tot 'n kernsmelting (Engels: nuclear meltdown).