1 Maart is die 60ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (61ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 305 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
1445 – Sandro Botticelli , skilder van "The birth of Venus" († 1510 ).
1798 – Gerrit Maritz , vername Voortrekkerpionier en leier († 1838 ).
1810 – Frédéric Chopin , Franse komponis († 1849 ).
1833 – Johann Heinrich Ferdinand Parow , Duitse eiendomsmagnaat aan die Kaap († 1910 ).
1850 – Abraham Kriel , Suid-Afrikaanse predikant en stigter van die Langlaagte-kinderhuis († 1928 ).
1878 – A.G. Visser , Suid-Afrikaanse digter († 1929 ).
1904 – Paul Hartman , Amerikaanse akteur († 1973 ).
1926 – Cesare Danova , Amerikaanse akteur († 1992 ).
1927 – Basie Vivier , Suid-Afrika se vier-en-twintigste Springbokkaptein († 2009 ).
1938 – Aart Staartjes , 'n Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrmaker († 2020 ).
1939 – George Louw , Suid-Afrikaanse uitgewer, digter, en dramaturg († 2023 ).
1953 – Marietjie de Jongh , 'n Suid-Afrikaanse en Afrikaanse skryfster.
1954 – Catherine Bach , Amerikaanse aktrise.
1954 – Ron Howard , Amerikaanse akteur.
1963 – Bryan Batt , Amerikaanse akteur.
1967 – George Eads , Amerikaanse akteur.
1971 – Thomas Adès , Britse komponis, pianis en dirigent .
1978 – Jensen Ackles , Amerikaanse akteur.
1983 – Lupita Nyong'o , Keniaanse aktrise en vervaardiger.
1994 – Justin Bieber , Kanadese sanger.
Sterftes
492 – Pous Felix III , die 48 pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
965 – Pous Leo VIII , die 131ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
1510 – Francisco de Almeida , 'n Portugese edelman, soldaat en ontdekkingsreisiger (* 1450 ).
1551 – Martin Bucer , Duitse teoloog (* 1491 ).
1792 – Leopold II, Heilige Romeinse Keiser , (* 1747 ).
1911 – Jacobus Henricus van 't Hoff , Nederlandse fisiese chemikus (* 1852 ).
1970 – Ed. Hoornik , Nederlandse digter , skrywer, dramaturg (* 1910 ).
1987 – Bertrand de Jouvenel , Franse filosoof , politieke ekonoom en futuris (* 1903 ).
2006 – Jack Wild , Britse akteur en sanger (* 1952 ).
2013 – Bonnie Franklin , Amerikaanse aktrise (* 1944 ).
2015 – Daniel von Bargen , Amerikaanse akteur (* 1950 ).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Gepubliseer