ISO/IEC 17025: History and introduction of concepts
Voorkoms
1953 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1948 | 1949 | 1950 | 1951 | 1952 | ◄ 1953 ► | 1954 | 1955 | 1956 | 1957 | 1958 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1953 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Watersnood in Nederland, Alblasserwaard (Papendrecht) | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1953 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 53ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- 5 Januarie – Die toneelstuk Waiting for Godot deur Samuel Beckett word vir die eerste keer uitgevoer.
- 1 Februarie – Die watersnoodramp vind plaas in Nederland.
- 12 Februarie – Denemarke, Ysland, Noorweë en Swede stig die Nordiese Raad.
- 26 Maart – Jonas Salk, kondig sy ontdekking van die polio-entstof aan.
- 21 April – Twee van senator Joseph McCarthy se hoofadjudante, Roy Cohn en David Schine, beveel aan dat 30 000 boeke in VSA inligtingsdiensposte in Europa verwyder word, insluitende werke deur Dashiell Hammett, W.E.B. du Bois, Herman Melville, John Steinbeck en Henry David Thoreau, omdat dit pro-kommunisties is.
- 25 April – Francis Crick en James Watson publiseer "Molecular structure of nucleic acids: a structure for deoxyribose nucleic acid" wat die dubbele-heliksstruktuur van DNS inhou.
- 9 Mei – Die Liberale Party word in Kaapstad gestig met Margaret Ballinger as eerste leier.
- 18 Mei – Rogers Dry Lake, Kalifornië: Jacqueline Cochran word die eerste vrou wat die klankgrens breek (sy het in 'n North American F-86 Sabre teen ’n gemiddelde spoed van 652,337 myl/h gevlieg).
- 29 Mei – Sir Edmund Hillary en sjerpa Tenzing Norgay word die eerste mense wat die piek van Berg Everest bereik.
- 2 Junie – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk word gekroon.
- 17 Junie – Die Volksopstand in die DDR word deur Sowjetse troepe bloedig onderdruk.
- 19 Junie – Ethel en Julius Rosenberg tereggestel vir spioenasie in die VSA.
- 27 Junie – Joseph Laniel word eerste minister van Frankryk.
- 27 Julie – 'n Skietstilstand beëindig die driejarige Korea-oorlog, wat tot die verdeling van die Koreaanse Skiereiland in Noord- en Suid-Korea lei.
- 29 Julie - Dit sneeu vir die eerste keer sedert 1927 in Springbok, Noord-Kaap.[1]
- 12 September – John F. Kennedy trou met Jacky Lee Bouvier.
- 22 Oktober – Laos word van Frankryk onafhanklik.
- 9 November – Kambodja word van Frankryk onafhanklik.
- 7 Desember – David Ben-Gurion bedank as premier van Israel.
Geboortes
- onbekende dag – Richard van der Westhuizen, Suid-Afrikaanse akteur.
- onbekende dag – Ciarán Hinds, Ierse akteur.
- 3 Januarie – Cora Marie, Suid-Afrikaanse countrysangeres († 1994).
- 13 Januarie – Derek Hanekom, oud-ANC-kabinetsminister.
- 20 Januarie – Jeffrey Epstein, Amerikaanse multimiljoenêr († 2019).
- 21 Januarie – Paul Allen, Amerikaanse sakeman en medestigter van Microsoft († 2018).
- 22 Januarie – Piet de Jager, Afrikaanse regsgeleerde, wat veral bekendheid verwerf as rolprentmaker en digter († 2023).
- 24 Januarie – Juri Bashmet, Russiese dirigent, violis en altviolis.
- 15 Februarie – Prinses Mantfombi Dlamini, eggenote van wyle koning Goodwill Zwelithini († 2021).
- 15 Februarie – Edwin Cameron, Regter van die Konstitusionele Hof en menseregte-aktivis.
- 18 Februarie – Leon van Nierop, Afrikaanse vervaardiger, skrywer en rolprentresensent.
- 19 Februarie – Cristina Fernández de Kirchner, president van Argentinië van 2007 tot 2015.
- 19 Februarie – Ernst van Jaarsveld, Suid-Afrikaanse plantkundige.
- 25 Februarie – José María Aznar, Spaanse politikus, van 1996 tot 2004 premier van Spanje.
- 27 Februarie – Ian Khama, Botswana-politikus en vierde president van Botswana (2008–2018).
- 1 Maart – Marietjie de Jongh, Suid-Afrikaanse en Afrikaanse skryfster.
- 5 Maart – Tokyo Sexwale, Suid-Afrikaanse sakeman en voomalige politikus.
- 11 April – Guy Verhofstadt, Eerste Minister van België.
- 24 April – Kallie Knoetze, Suid-Afrikaanse swaargewig-bokser.
- 30 April – Elkarien Fourie, Suid-Afrikaanse vryskutjoernalis en skrywer.
- 6 Mei – Tony Blair, voomalige Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 16 Mei – Pierce Brosnan, Ierse akteur.
- 19 Mei – Victoria Wood, Britse aktrise († 2016).
- 26 Mei – Michael Portillo, Britse konserwatiewe politikus, joernalis en mediapersoonlikheid.
- 7 Junie – Johnny Clegg, Britsgebore Suid-Afrikaanse musikant († 2019).
- 15 Junie – Xi Jinping, president van die Volksrepubliek China, Sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van China.
- 21 Junie – Benazir Bhutto, Pakistanse politikus en voormalige premier († 2007).
- 22 Junie – Cyndi Lauper, Amerikaanse sangeres.
- 21 Julie – Thomas Friedman, Amerikaanse politieke kommentator en skrywer.
- 9 Augustus – Luuk Gruwez, Vlaamse digter, prosaïs en essayis.
- 14 Augustus – James Horner, Amerikaanse komponis en dirigent van orkestrale en rolprentmusiek († 2015).
- 2 September – Achmed Sjah Massoed, Afghaanse militêre leier († 2001).
- 10 September – Michael Schønwandt, Deense dirigent.
- 19 September – Jessie Duarte, Suid-Afrikaanse ANC-politikus († 2022).
- 22 September – Marie-Ségolène Royal, Franse politikus.
- 22 September – Rhoda Kadalie, Suid-Afrikaanse menseregteaktivis († 2022).
- 24 September – Dorah Sitole, corden bleu-sjef en eerste swart vrou wat 'n kookboek gepubliseer het († 2021).
- 30 September – Jack Goldstone, 'n Amerikaanse sosioloog, politieke wetenskaplike en historikus.
- 3 Oktober - Karen Bass, burgemeester van Los Angeles.
- 18 Oktober – Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch in die Wes-Kaap († 2014).
- 28 Oktober – Kupido, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2016).
- 3 November – Kate Capshaw, Amerikaanse aktrise.
- 18 November – Lana Marks, Amerikaanse diplomaat.
- 23 November – Francis Cabrel, Franse sanger en liedjieskrywer.
- 26 November – Sinikka Nopola, Finse skrywer van kinderstories († 2021)
- 5 Desember – Gwen Lister, Namibiese redakteur.
- 15 Desember – Randy Parton, Amerikaanse akteur († 2021).
Sterftes
- 19 Februarie – Nobutake Kondō, admiraal van die Japannese Keiserlike Vloot in die Tweede Wêreldoorlog (* 1886).
- 24 Februarie – Gerd von Rundstedt, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1875).
- 5 Maart – Josef Stalin, sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee (* 1878).
- 5 Maart – Sergei Prokofiëf, Russiese komponis (* 1891).
- 19 Maart – Manie Bredell, lyfwag en privaatsekretaris van pres. Paul Kruger (* 1865).
- 28 Maart – Jim Thorpe, Amerikaanse atleet, (* 1887)
- 23 Maart – Raoul Dufy, Franse waterverfskilder (* 1877).
- 27 April – Maud Gonne, Ierse rewolusionêr, kampvegter vir vroueregte en aktrise (* 1866).
- 1 Julie – Totius, Suid-Afrikaanse digter, predikant en hoogleraar aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk (* 1877).
- 18 Julie – Karl Bremer, eertydse Suid-Afrikaanse minister van gesondheid (* 1885).
- 4 Augustus – Herman van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikant en Volksraadslid (* 1871).
- 1 September – Jacques Thibaud, Franse violis (* 1880).
- 28 September – Edwin Hubble, ’n Amerikaanse sterrekundige (* 1889).
- 11 Oktober – Pieter Hamersma, lid van die Kaapse Provinsiale Raad en vooruitstrewende Karooboer (* 1892).
- 18 Oktober – W.A. Hofmeyr, 'n Afrikaanse kultuurleier en sakeman. Die W.A. Hofmeyr-prys is na hom vernoem (* 1869).
- 8 November – Johannes van Melle, Nederlandsgebore Afrikaanse skrywer van onder meer Bart Nel (* 1887).
- 11 Desember – Albert Coates, Britse komponis (* 1882).
Verwysings
- ↑ "'n Geskiedenis van besondere Weergebebeurtenisse in Suid-Afrika: 1500-1990". CAELUM: 49. Desember 1991.