Effects of the storage conditions on the stability of natural and synthetic cannabis in biological matrices for forensic toxicology analysis: An update from the literature
Voorkoms
1980 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1975 | 1976 | 1977 | 1978 | 1979 | ◄ 1980 ► | 1981 | 1982 | 1983 | 1984 | 1985 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1980 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
John Lennon | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1980 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
- Januarie – Die goudprys bereik ’n rekordbedrag van 850,02 VSA-dollar per fynons.
- 22 Januarie – Andrei Sakharov, ’n sleutelargitek van die Sowjet waterstofbom en wenner van die 1975 Nobelprys vir Vrede word in Moskou gearresteer en na Gorki verban.
- 25 Januarie – Die Silverton-tak van Volkskas Bank in Pretoria word oorgeneem deur MK-vryheidsvegters.
- 1–7 Februarie – Die tweede Paralimpiese Winterspele word in Geilo, Noorweë, aangebied.
- 13–24 Februarie – Die 13de Olimpiese Winterspele word in Lake Placid, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 18 Maart - Tropiese sikloon Kolia, suid van Madagaskar, veroorsaak buitengewone deinings langs die Natalse kus. Golwe so hoog as 5 meter stort oor die seewalle van Laer Marine Parade in Durban en rig groot skade aan.[1]
- 18 April – Zimbabwe word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. Canaan Banana word die eerste president van die nuwe staat en Robert Mugabe die eerste Eerste Minister.
- 24 April – ’n Poging om VSA-gyselaars in die ambassade in Teheran te bevry eindig onsuksesvol.
- 2 Mei – Die Suid-Afrikaanse regering plaas 'n verbod op Pink Floyd se treffer Another Brick in the Wall.[2]
- 1 Junie – Agt brandstoftenks word vernietig deur Umkhonto we Sizwe (MK) by SASOL en NATREF in Sasolburg en Secunda.
- 21 Junie–5 Julie – Die sesde Paralimpiese Somerspele word in Arnhem, Nederland, aangebied.
- 13 Julie – Quett Masire volg Seretse Khama op as President van Botswana.
- 19 Julie–3 Augustus – Die 22ste Olimpiese Somerspele word in Moskou, Sowjetunie, aangebied.
- 30 Julie – Vanuatu word van Frankryk en die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 22 September – Die Iran-Irakse Oorlog breek uit.
- 13 Desember – Peter Mathebula word Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen toe hy vir Kim Tae-shik van Suid-Korea klop op punte.
Geboortes
- 19 Januarie – Jenson Button, Britse Formule Een-renjaer, wêreldkampioen in 2009.
- 27 Januarie – Marat Safin, Russiese tennisspeler.
- 28 Januarie – Nick Carter, Amerikaanse musikant.
- 6 Februarie – Coki Ramírez, Argentynse sangeres, aktrise en model.
- 22 Februarie – Jaco Jacobs, Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer.
- 24 Februarie – Janko de Beer, Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar, advokaat en natuurbewaarder.
- 2 Maart – Ingrid Bolsø Berdal, Noorse aktrise en vervaardiger.
- 22 Maart – Kandyse McClure, Kanadese aktrise.
- 9 April – Lika Berning, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 9 April – Lindiwe Mazibuko, Suid-Afrikaanse politikus.
- 10 April – Charlie Hunnam, Britse akteur.
- 10 April – Kasey Kahne, Amerikaanse NASCAR-renjaer.
- 11 April – Keiji Tamada, Japannese sokkerspeler.
- 12 Mei – Rishi Sunak, Britse politikus en nuutverkose Eerste minister van die Verenigde Koninkryk.
- 13 Mei – Jaco Peyper, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
- 1 Junie – Johann Muller, Suid-Afrika se drie-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 6 Junie – Mmusi Maimane, voormalige leier van die Demokratiese Alliansie.
- 17 Junie – Venus Williams, Amerikaanse tennisspeler.
- 20 Junie – Tika Sumpter, Amerikaanse aktrise.
- 5 Julie – Eva Green, Franse aktrise.
- 20 Julie – Gisele Bündchen, Brasiliaanse fotomodel en aktrise.
- 26 Julie – Jacinda Ardern, Nieu-Seelandse politikus en Eerste Minister.
- 6 Augustus – Vitantonio Liuzzi, Italiaanse professionele renjaer.
- 27 Augustus – CJ van der Linde, Springbokrugbyspeler.
- 28 Augustus – Johny Klein, Suid-Afrikaanse akteur.
- 5 September − Pita Limjaroenrat, Thaise politikus en sakeman.
- 8 September – Mbulaeni Mulaudzi, voormalige 800m wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner († 2014).
- 10 September − Jurga Šeduikytė, Litause popsangeres en liedjieskryfster.
- 18 September − Francois van Coke, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 24 September − Tanit Phoenix, Suid-Afrikaanse model en aktrise.
- 4 November – Jerry Collins, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2015).
- 12 November – Ryan Gosling, Kanadese akteur en musikant.
- 25 November – Aaron Mokoena, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 3 Desember – Suléne Pilon, taalkundige aan die Universiteit van Pretoria se Departement Afrikaans en voorsitter van die Taalkommissie.
Sterftes
- 7 Februarie – Margaret Ballinger, 'n kragtige en invloedryke spreker, voorstander van gelykheid in Suid-Afrika en stigterslid van die Liberale Party (* 1894).
- 13 Februarie – David Janssen, Amerikaanse akteur, (* 1931).
- 17 Februarie – Graham Sutherland, Britse waterverfskilder (* 1903).
- 31 Maart – Jesse Owens, Amerikaanse atleet (* 1913).
- 15 April – Jean-Paul Sartre, Franse filosoof, dramaturg, skrywer, biograaf en aktivis (* 1905).
- 24 April – W.E.G. Louw, Afrikaanse digter (* 1913).
- 29 April – Alfred Hitchcock, 'n Britse regisseur (* 1899).
- 4 Mei – Josip Broz Tito, president van Joego-Slawië (* 1892).
- 26 Mei – Willie Maree, Suid-Afrikaanse boer en politikus, leier van die Nasionale Party in Natal (* 1920).
- 21 Junie – Pierre Fourie, Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1943).
- 23 Junie – Clyfford Still, Amerikaanse skilder (* 1904).
- 28 Junie – José Iturbi, Spaanse dirigent, klavisimbelspeler en pianis (* 1895).
- 7 Julie – Johannes Meintjes, Suid-Afrikaanse kunsskilder en skrywer (* 1923).
- 12 Julie – Sir Seretse Khama, eerste president van Botswana sterf aan pankreaskanker (* 1921).
- 27 Julie – Mohammad Reza Pahlavi, laaste sjah van Iran (* 1919).
- 31 Augustus – Chris Burger, heelagter van die WP, sterf nadat hy sy nek die vorige dag in 'n rugbywedstryd teen die Vrystaat gebreek het (* 1952).
- 23 September – Jim Fouché, Suid-Afrikaanse politikus en tweede Staatspresident van Suid-Afrika (1968–1975) (* 1898).
- 7 November – Steve McQueen, Amerikaanse rolprentakteur en -regisseur (* 1930).
- 8 November – Lulu Latsky, eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf (* 1901).
- 22 November – Mae West, Amerikaanse aktrise en draaiboekskrywer (* 1893).
- 24 November – George Raft, Amerikaanse akteur (* 1901).
- 8 Desember – John Lennon, Britse sanger en liedjieskrywer (The Beatles) (* 1940).
- 12 Desember – Jean Lesage, Kanadese advokaat, politikus en hervormer (* 1912).
- 24 Desember – Karl Dönitz, Duitse admiraal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1891).
- 31 Desember – Marshall McLuhan, Kanadese mediakenner (* 1911)
Verwysings
- ↑ "'n Geskiedenis van besondere Weergebebeurtenisse in Suid-Afrika: 1500-1990". CAELUM: 88. Desember 1991.
- ↑ 35 Years Ago: Pink Floyd’s ‘Another Brick in the Wall’ Banned in South Africa, besoek op 17 Junie 2015