The US FDA’s proposed rule on laboratory-developed tests: Impacts on clinical laboratory testing

Wysig skakels
Volksrepubliek Bangladesj
গণপ্রজাতন্ত্রী বাংলাদেশ (Bengaals)
Gônoprojatontrī Bangladesh
Vlag van Bangladesj Embleem van Bangladesj
Vlag Embleem
Nasionale leuse: Joy Bangla[1][2]
জয় বাংলা
(Bengaals vir: "Oorwinning vir Bengal")
Volkslied: Amar Sonar Bangla[3]
আমার সোনার বাংলা
(Bengaals vir: "My Goue Bengale")

Nasionale mars: Notuner Gaan
নতুনের গান
(Bengaals vir: "Die lied van die jeug")
Ligging van Bangladesj
Hoofstad Dhaka

23°42′N 90°21′O / 23.700°N 90.350°O / 23.700; 90.350

Grootste stad Dhaka
Amptelike tale Bengaals
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Mohammed Shahabuddin
Muhammad Yunus
Onafhanklikheid
Vorming
• Verdeling van Brits-Indië
• Onafhanklikheidsverklaring
• Bereik
• Huidige grondwet


14 Augustus 1947
26 Maart 1971
16 Desember 1971
16 Desember 1972
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
148 460[4] km2  (94ste)
57 321 myl2
6,4
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2023-sensus
 - Digtheid
 
168 697 184[4] (8ste)
169 828 911[5]
1 136 / km2 (12de)
2 943 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$1 620 miljard[6] (25ste)
$9 416[6] (126ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$455,162 miljard[6] (34ste)
$2 646[6] (137ste)

MOI (2022) 0,670[7] (129ste)  –  medium
Gini (2016) 32,4[8] –  medium
Geldeenheid Taka (৳) (BDT)
Tydsone
 - Somertyd
BST (UTC+06:00)
nie toegepas nie (UTC+06:00)
Internet-TLD .bd
.বাংলা
Skakelkode +880

Bangladesj (Bengaals: বাংলাদেশ, Bāṃlādēśa, [ˈbaŋlad̪eʃ], ; letterlik "die nasie van Bengale"), amptelik die Volksrepubliek Bangladesj (গণপ্রজাতন্ত্রী বাংলাদেশ, Gaṇaprajātantrī Bāṃlādēśa), is 'n digbevolkte land in Suid-Asië in die streek Bengale. Dit beslaan 'n oppervlakte van 148 460 km² en het 'n bevolking van sowat 170 miljoen in 2024 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Dhaka (of Dakka), ander groot stede sluit in Chittagong in die suidooste en Khulna in die suidweste. Die amptelike taal is Bengaals, die belangrikste etniese groep is die Bengale en die plaaslike geldeenheid is die taka (৳, tk).

Nasa-Satellietbeeld van Bangladesj

Die land lê aan die Golf van Bengale in die Indiese Oseaan, maar word origens heeltemal deur Indië omring, behalwe vir die suidoostelike hoek, wat aan Mianmar (Birma) grens. Net noordwes van Bangladesj is Nepal en noord is Bhoetan geleë, maar al drie lande word deur 'n smal Indiese strook van mekaar geskei. Die Ganges-Brahmaputra-vloedvlakte is die oorheersende geografiese kenmerk van die land.

Bangladesj het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indië en met die Verdeling van Indië het dit deel geword van Pakistan. In 1952 het die Bengaalse Taalbeweging begin en in 1971 het die provinsie met Indiese ondersteuning die Bengaalse Onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan begin. Op 26 Maart 1971 het Bangladesj sy onafhanklikheid van Pakistan verklaar en met die grondwet op 4 November 1972 'n unitêre parlementêre republiek geword. Bangladesj is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof.

Sedert sy onafhanklikwording in 1971 beleef Bangladesj armoede, hongersnood, politieke onrus en militêre staatsgrepe. Die herstel van demokrasie in 1991 het verligting gebring, maar die land het steeds met baie uitdagings te kampe, veral die jaarlikse vloede en siklone.[9]

Algemene gegewens

Ligging

Kaart van Bangladesj

Bangladesj ("land van die Bengale") lê in die noordoostelike hoek van die Indiese subkontinent en word in die weste en noorde deur Indië begrens, in die ooste deur Indië en Mianmar en in die suide deur die Golf van Bengale.

Die grootste deel van die land is 'n deltagebied wat deur 'n dik laag slik afkomstig uit drie riviere, die Ganges, die Yamuna en die Meghna, bedek word. Bangladesj word dikwels die "Land van riviere" genoem,[10] omdat dit meer as 57 oorgrensende riviere huisves, die meeste van enige volkstaat. Waterkwessies is polities gekompliseerd aangesien Bangladesj stroom-af van Indië is.[11]

Die grond is ryk aan aluminium- en ysterbestanddele, maar wat vrugbaarheid betref, word daar met elke reënbui groot hoeveelhede vrugbare grond weggespoel, net om weer vervang te word as die riviere hul walle oorstroom, veral omdat Bangladesj oor 'n redelike plat terrein beskik. Die meerderheid van die land is minder as 12 m bo seevlak, en ongeveer 10% van die land sou heeltemal oorstroom wees as die seevlak met slegs 1 m sou styg.[12] 12% van die land bestaan uit bergreekse soos die Chittagong-heuwelreeks met 'n hoogte van tussen 500 m en 1 000 m wat in die suidoostelike deel van die land voorkom. Die hoogste plek in Bangladesj, wat naby aan die land se grens met Mianmar geleë is, is die Saka Haphong-piek met 'n hoogte van 1 064 m.[4] Die Karnaphoelrivier kronkel deur die heuwels en mond uit in die Golf van Bengale. 14% van die totale landarea word deur woude bedek, wat aan 1 883 400 hektaar (ha) woud gelyk is.[13][14]

Klimaat

Klimaatsones in Bangladesj volgens die Köppen-klimaatklassifikasie

Bangladesj het 'n moesonklimaat. Tussen Junie en Oktober waai die suidwesmoeson oor die kusstrook, en val daar tussen 2 000 mm en 3 000 mm reën. In die noorde reën dit selfs meer. Minder reën val in die suide.

Van Mei tot Oktober is dit somer en die temperatuur styg na tussen 26 en 32° C. Die winters is matig en die kwik daal selde benede 15° C. Die rekordlaagte was 1,1 °C wat op 3 Februarie 1905 in die noordwestelike stad van Dinaijpur gemeet is.[15]

Siklone teister die kusgebiede en stuur vloedgolwe tot diep die binneland in. Honderde mense, soms tot 'n halfmiljoen, kom in die rampe om en groot skade word aan gewasse aangerig.

Vloede na die 1991-Bangladesjsikloon wat tot ongeveer 140 000 mense se dood gelei het.

Die siklone van 1970 en 1991 was veral verwoestend. Laasgenoemde het ongeveer 140 000 mense se dood veroorsaak.[16]

In September 1998 het Bangladesj die ergste vloede in die moderne geskiedenis van die mens beleef met meer as twee-derdes van die land wat onderwater was en 'n lewensverlies van 'n 1000 mense.[17] Verskeie internasionale en nasionale inisiatiewe het egter hard aan ramprisikovermindering gewerk en sodoende het die menslike en ekonomiese impak van die vloede met die jare verbeter.[18]

Klimaatsverandering

Bangladesj word beskou as een van die kwesbaarste lande wat die effek van klimaatsverandering betref.[19][20] Oor die loop van 'n eeu het 508 siklone Bengalbaai geaffekteer, waarvan 17% land bereik het.[21] Daar word verwag dat die natuurlike gevare wat saam met die styging in reënval, seevlakke, en tropiese siklone kom, sal vermeerder soos die klimaat bly verander, wat 'n ernstige impak op landbou, water- en voedselsekuriteit, menslike gesondheid en behuising sal hê.[22]

Biodiversiteit

'n Bengaalse tier, die nasionale dier.

Bangladesj is in die Indomalaja-ryk geleë en lê binne vier terrestriële ekostreke: Laer Gangiese Vlaktes se klam bladwisselende woude, Mizoram–Manipur–Kachin reënwoude, Sundarbans se varswatermoeraswoude, en Sundarbans se mangroves.[23] Die land se ekologie sluit 'n lang seekuslyn, talle riviere en sytakke, mere, vleilande, immergroen woude, semi-immergroen woude, heuwelwoude, klam bladwisselende woude, varswatermoeraswoude en plat land met lang gras in. Die Bangladesj-vlakte is bekend vir sy vrugbare alluviale grond wat uitgebreide verbouing ondersteun. Die land word oorheers deur welige plantegroei, met dorpies wat dikwels tussen mango-, nangka- ("jackfruit"), bamboes-, betelneut-, klapper- en dadelpalmbosse begrawe lê.[24] Die land het tot 6000 spesies plantlewe, insluitend 5000 blomplante.[25] Waterliggame en vleilandstelsels bied 'n habitat vir baie waterplante. Waterlelies en lotusse floreer gedurende die moessonseisoen. Die land het 50 wildreservate.

Bangladesj is die tuiste van die meeste van die Sundarbans, die wêreld se grootste mangrove-woud, wat 'n oppervlakte van 6 000 vierkante kilometer in die suidwestelike kusstreek beslaan. Dit is in drie beskermde heiligdomme - die Suid-, Oos- en Wes-sones - verdeel. Die woud is 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied. Die noordoostelike Sylhet-streek is die tuiste van haor-vleilande, 'n unieke ekosisteem. Dit sluit ook tropiese en subtropiese naaldwoude, 'n varswatermoeraswoud en gemengde bladwisselende woude in. Die suidoostelike Chittagong-streek dek immergroen en semi-immergroen heuwelagtige oerwoude. Sentraal-Bangladesj sluit die vlakte Sal-woud in wat saam met die distrikte Gazipur, Tangail en Mymensingh loop. St. Martin's Eiland is die enigste koraalrif in die land.

Bangladesj het 'n oorvloed wild in sy woude, vleie, boslande en heuwels.[24] Die oorgrote meerderheid diere woon binne 'n habitat van 150 000 vierkante kilometer.[26] Die Bengaalse tier, gevlekte luiperd, soutwaterkrokodil, swartluiperd en visserkat is van die vernaamste roofdiere in die Sundarbans.[27] Noord- en oostelike Bangladesj is die tuiste van die Asiatiese olifant, hoeloks, Asiatiese swartbeer en Oosterse bont neushoringvoël.[28] Die chitale-takbokke word wyd in suidwestelike boslande gesien. Ander diere sluit in die swart reuse-eekhoring, kuiflangoer, Bengaalse jakkals, sambar-takbokke, oerwoudkat, koningkobra, wildevarke, muishonde, ietermagos, luislange en waterlikkewane. Bangladesj het een van die grootste bevolkings van Irrawaddy- en Ganges-dolfyne.[29] Die land het talle spesies amfibieë (53), reptiele (139), mariene reptiele (19) en seesoogdiere (5). Die land het ook 628 spesies voëls.[30]

Sport

Die Bengaalse nasionale krieketspan vier die neem van 'n paaltjie teen Zimbabwe in 2009

Krieket is Bangladesj se gewildste sportsoort, gevolg deur sokker. Ander gewilde sportsoorte sluit in veldhokkie, tennis, pluimbal, handbal, basketbal, vlugbal, skaak, skietsport en hengel. Kabaddi is Bangladesj se nasionale sport.[31][32]

Die Bengaalse nasionale krieketspan het sedert 1999 vir elke krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer, maar tot dusver nie een van die toernooie gewen nie; hul beste vertoning was die kwarteindrondte tydens die Krieketwêreldbeker 2015. In 2000 is toetsstatus aan Bangladesj toegeken. Bangladesj het die Krieketwêreldbeker 2011 saam met Indië en Sri Lanka aangebied, waartydens twee groepwedstryde in Chittagong, asook vier groepwedstryde en twee kwarteindstryde in Dhaka gespeel is. Daarbenewens het Bangladesj op sy eie as gasheer van die Kampioenetrofee 1998 en die T20I-wêreldbeker 2014 opgetree. Tydens die Krieketwêreldbeker 2031 sal Bangladesj saam met Indië weer as gasheer optree.[33] Tydens die Asiatiese Beker was Bangladesj drie keer die naaswenner (in 2012, 2016 en 2018). In 2020 het Bangladesj vir die eerste keer die o/19-Krieketwêreldbeker gewen en sodoende sy eerste titeloorwinning in enige IKR-toernooi beklink.[34]

Die Bengaalse nasionale sokkerspan kon tot dusver nog nie vir 'n FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. In 2003 het Bangladesj sy eerste internasionale trofee verower en die Suid-Asiatiese beker gewen.

Verwysings

  1. (en) "'Joy Bangla' to be national slogan: HC". Daily Prothom Alo. 10 Maart 2020. Besoek op 10 Maart 2020.
  2. (en) "HC orders govt to announce 'Joy Bangla' as national slogan in three months". bdnews24.com. 10 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2021. Besoek op 30 Junie 2021.
  3. (en) "National Symbols→National march". Bangladesh Tourism Board. Bangladesh: Ministry of Civil Aviation & Tourism. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 21 Februarie 2015.
  4. 4,0 4,1 4,2 (en) "Bangladesh". Central Intelligence Agency. Besoek op 8 Augustus 2024.
  5. (bn) "বাংলাদেশ পরিসংখ্যান ব্যুরো".
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Bangladesh". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 8 Augustus 2024.
  7. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 8 Augustus 2024.
  8. (en) "Gini Index – Bangladesh". Wêreldbank. Besoek op 8 Augustus 2024.
  9. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  10. "No Place Like Home – BANGLADESH: LAND OF RIVERS". Environmental Justice Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2020. Besoek op 10 Maart 2020.
  11. Suvedī, Sūryaprasāda (2005). International watercourses law for the 21st century. Ashgate Publishing. pp. 154–166. ISBN 978-0-7546-4527-6.
  12. Ali, A. (1996). "Vulnerability of Bangladesh to climate change and sea level rise through tropical cyclones and storm surges". Water, Air, & Soil Pollution. 92 (1–2): 171–179. Bibcode:1996WASP...92..171A. doi:10.1007/BF00175563. S2CID 93611792. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 1 Februarie 2020.
  13. Terms and Definitions FRA 2025 Forest Resources Assessment, Working Paper 194. Food and Agriculture Organization of the United Nations. 2023.
  14. "Global Forest Resources Assessment 2020, Bangladesh". Food Agriculture Organization of the United Nations.
  15. "Map of Dinajpur". kantaji.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2011. Besoek op 17 April 2015.
  16. "Beset by Bay's Killer Storms, Bangladesh Prepares and Hopes Geargiveer 2 September 2024 op Wayback Machine ". Los Angeles Times. 27 February 2005
  17. Haggett, Peter (2002) [2002]. "The Indian Subcontinent". Encyclopedia of World Geography. Marshall Cavendish. pp. 2, 634. ISBN 978-0-7614-7308-4. OCLC 46578454. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2024. Besoek op 25 Julie 2023.
  18. Raju, M. N. A. (10 Maart 2018). "Disaster Preparedness for Sustainable Development in Bangladesh". Daily Sun. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2021. Besoek op 26 September 2019.
  19. Kulp, Scott A.; Strauss, Benjamin H. (29 Oktober 2019). "New elevation data triple estimates of global vulnerability to sea-level rise and coastal flooding". Nature Communications. 10 (1): 4844. Bibcode:2019NatCo..10.4844K. doi:10.1038/s41467-019-12808-z. ISSN 2041-1723. PMC 6820795. PMID 31664024.
  20. "Report: Flooded Future: Global vulnerability to sea level rise worse than previously understood". climatecentral.org. 29 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 3 November 2019.
  21. Chaturvedi, Sanjay (29 April 2016). Climate Change and the Bay of Bengal. Flipside Digital Content Company Inc. ISBN 978-981-4762-01-4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2024. Besoek op 25 Julie 2023.
  22. Bangladesh Climate Change Strategy and Action Plan, 2008 (PDF). Ministry of Environment and Forests Government of the People's Republic of Bangladesh. 2008. ISBN 978-984-8574-25-6. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Oktober 2009.
  23. Dinerstein, Eric; Olson, David; Joshi, Anup; Vynne, Carly; Burgess, Neil D.; Wikramanayake, Eric; Hahn, Nathan; Palminteri, Suzanne; Hedao, Prashant; Noss, Reed; Hansen, Matt; Locke, Harvey; Ellis, Erle C; Jones, Benjamin; Barber, Charles Victor; Hayes, Randy; Kormos, Cyril; Martin, Vance; Crist, Eileen; Sechrest, Wes; Price, Lori; Baillie, Jonathan E. M.; Weeden, Don; Suckling, Kierán; Davis, Crystal; Sizer, Nigel; Moore, Rebecca; Thau, David; Birch, Tanya; Potapov, Peter; Turubanova, Svetlana; Tyukavina, Alexandra; de Souza, Nadia; Pintea, Lilian; Brito, José C.; Llewellyn, Othman A.; Miller, Anthony G.; Patzelt, Annette; Ghazanfar, Shahina A.; Timberlake, Jonathan; Klöser, Heinz; Shennan-Farpón, Yara; Kindt, Roeland; Lillesø, Jens-Peter Barnekow; van Breugel, Paulo; Graudal, Lars; Voge, Maianna; Al-Shammari, Khalaf F.; Saleem, Muhammad (2017). "An Ecoregion-Based Approach to Protecting Half the Terrestrial Realm". BioScience. 67 (6): 534–545. doi:10.1093/biosci/bix014. ISSN 0006-3568. PMC 5451287. PMID 28608869.
  24. 24,0 24,1 Bangladesh | history – geography :: Plant and animal life Geargiveer 3 Februarie 2014 op Wayback Machine. Encyclopædia Britannica.
  25. "Flora and Fauna – Bangladesh high commission in India". Bangladesh High Commission, New Delhi. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2013.
  26. Soraya Auer; Anika Hossain (7 Julie 2012). "Lost Wards of the State". The Daily Star. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2015. Besoek op 14 Februarie 2015.
  27. Peter Haggett (2001). Encyclopedia of World Geography. Marshall Cavendish. p. 2620. ISBN 978-0-7614-7289-6. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2024. Besoek op 20 Januarie 2017.
  28. "Bears in Bangladesh". Bangladesh Bear Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2015. Besoek op 14 Februarie 2015.
  29. "6,000 Rare, Large River Dolphins Found in Bangladesh". National Geographic. Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2014. Besoek op 13 Februarie 2015.
  30. Hossain, Muhammad Selim (23 Mei 2009). "Conserving biodiversity must for survival". The Daily Star. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2015. Besoek op 30 Mei 2015.
  31. (en) Faroqi, Gofran (2012). "Kabadi". In Islam, Sirajul; Jamal, Ahmed A. (reds.). Banglapedia: National Encyclopedia of Bangladesh (Tweede uitg.). Asiatic Society of Bangladesh.
  32. (en) "The rise and rise of Bangladesh cricket – what took them so long?". The Guardian. 31 Januarie 2017. Besoek op 8 Augustus 2024.
  33. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Augustus 2024.
  34. (en) "U19s Cricket World Cup: Bangladesh beat India in final to win first title". BBC. 9 Februarie 2020. Besoek op 8 Augustus 2024.

Bronnelys

Algemeen
Geografie

Eksterne skakels