Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Scotiasee | |
---|---|
'n Ysberg in die Scotiasee, 1996 | |
Kaart van die Scotiasee | |
Koördinate: | 57°30′S 40°0′W / 57.500°S 40.000°W |
Ligging: | tussen Suid-Amerika en Antarktika |
Soort: | See van die Suidelike Oseaan |
Oppervlakte: | 900 000 km² (350 000 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 3 000–4 000 meter (10 000–13 000 voet) |
Maksimum diepte: | 7 900 meter (26 000 voet) |
Eiland/e: | Falkland-eilande, Suidelike Orkneyeilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande, Vuurland |
Die Scotiasee (Engels: Scotia Sea, Spaans: Mar del Scotia) is 'n see van die Suidelike Oseaan tussen Suid-Amerika in die noordweste en Antarktika in die suidweste. Die Scotiasee is in 1932 genoem na die skip Scotia wat die Skotse Nasionale Antarktiese Ekspedisie van 1902–1904 onder leiding van William Speirs Bruce onderneem het.
Die Scotiasee is tussen Vuurland en die Falkland-eilande in die noordweste, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande in die ooste, die Suidelike Orkneyeilande in die suide, die Suidelike Shetlandeilande en die Antarktiese Skiereiland in die suidweste asook die Drakedeurgang in die weste geleë. Die Scotiasee grens in die suide aan die Weddellsee. Die see het 'n oppervlakte van sowat 900 000 km² en 'n maksimum diepte van 7 900 m.[1]