Knowledge Base Wiki

Search for LIMS content across all our Wiki Knowledge Bases.

Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.

Scheeliet
 
Scheeliet op kwarts 
Formule CaWO4 
Onsuiwerhede Mo,Nb, Ta 
Nickel-Strunz (10) 7.GA.05  
Kleur taankleurig, goudgeel, kleurloos, wit[1] 
Streep wit 
Hardheid 4,5 - 5 (Mohs) 
Digtheid 6,1 g/cm3 
Dubbelbreking eenassig (+) 
RI-waardes nω = 1.918 - 1.921 nε = 1.935 - 1.938 
Ruimtegroep I4₁/a 
Strukturbericht-kode H4 
Eenheidsel a = 5.2429(3) Å, c = 11.3737(6) Å 
* Lys van minerale
Portaal Geologie
Fluoriet, kalsiet, scheeliet en kwarts
Dieselfde kristal onder UV-lig

Scheeliet is 'n mineraal met die chemiese formule CaWO4. Dit is 'n wolfram-erts. Een van sy kenmerke is dat dit blou fluoresseer onder UV-lig.

Scheeliet is genoem na die Sweede chemikus Carl Wilhelm Scheele (1742-1786) wat ook die element wolfram hieruit vrygestel het.

Dit kom in hornfels in kontak met metamorfe gesteentes, in graniet-pegmatiete en in epitermiese are voor. Dit vorm 'n oplossingsreeks met powelliet (CaMoO4).[2]

Kristalstruktuur

Scheeliet se tetragonale struktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se H4-struktuur.[3]In hierdie struktuur het die wolframatoom ongeveer 'n tetraëdriese koördinasie deur suurstof en hierdie WO4-tetraëder vorm 'n wolframaatioon. Die kalsiumatome het 'n agtvoudige koördinasie en is omring deur 'n vervormde vierkante antiprisma van suurstofatome. Die wolframaatione deel net hoekpunte met die CaO8-antiprisma's. Die antiprima's deel rande met mekaar en vorm ovale ringe met ses lede rondom die wolframaatione.[4] Daar is talle wolframate en ander verbindings wat die scheeliet-tipe struktuur het.

Fase-oorgang

Sintetiese enkelkristalle van scheeliet kan m.b.v. die Czochralski-metode vervaardig word. Navorsing aan sintetiese scheeliet by hoë druk het uitgewys dat by 'n druk van 11,3 GPa 'n fase-oorgang plaasvind na die fergusoniet-struktuur wat van die tweede orde en daarmee volledig omkeerbaar is. Die nuwe struktuur het 'n laer monokliene struktuur. Die wolframaat-tetraëders vervorm effens, maar die groot verandering is in die kalsium-omringing. Twee van die agt suurstofatome verkry 'n baie groter afstand tot die kalsiumatoom en die omringing word effektief sesvoudig pleks van agtvoudig. Die vervorming vind vanweë die twee orde-aard van die oorgang geleidelik plaas. Sintetiese SrWO4-kristalle wat ook die H4-struktuur het, ondergaan dieselfde oorgang by 'n effens laer druk van 10,1 GPa.[5]

Verwysings