Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Raphael | |
---|---|
Geboortenaam | Raffaello Sanzio da Urbino |
Gebore | 28 Maart of 6 April 1483 Urbino, Italië |
Sterf | 6 April 1520 (op 37) Rome, Italië |
Nasionaliteit | Italiaans |
Veld | Skildery, argitektuur |
Beweging | Hoog-Renaissance |
Werke | Die Skool van Athene |
Raffaello Sanzio da Urbino beter bekend as slegs Raphael (28 Maart of 6 April 1483 – 6 April 1520) was 'n Italiaanse skilder en argitek tydens die Renaissance. Hy word saam met Michelangelo en Leonardo da Vinci as een van die groot meesters van dié tydperk beskou.
Raphael was uiters produktief: hy het 'n groot werkswinkel bestuur en ten spyte van sy vroeë dood op 37, het hy 'n groot aantal werke agtergelaat. Baie van sy werke kan in die Apostoliese Paleis in die Vatikaan gevind word. Ná sy vroeë jare in Rome is baie van sy werke slegs deur hom ontwerp en dan deur sy werkswinkel uitgevoer wat 'n merkbare verlies in kwaliteit getoon het in vergelyking met sy eie werke. Hy was ook 'n groot invloed in sy eie leeftyd, alhoewel Michelangelo se invloed groter toename gesien het in die 18de en 19de eeue.
Raphael is oorlede op sy verjaardag. Ingrid Bergman en Shakespeare deel hierdie uniekheid.