Type a search term to find related articles by LIMS subject matter experts gathered from the most trusted and dynamic collaboration tools in the laboratory informatics industry.
Baske | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 2–3 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Spanje 2,4 miljoen[1][2] Frankryk 239 000[1] |
Taal: | Baskies (moedertaal); Spaans en Frans (tweede taal) |
Geloofsoortuiging: | Christendom (Hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk); Agnostisisme; Ateïsme |
Verwante etniese groepe: |
Die Baske (Baskies: euskaldunak; Spaans: vascos; Frans: basques) is 'n etniese groep inheems aan die outonome Gemeenskap van die Baskeland in die noorde van Spanje wat met die Baskiese taal verband hou.[4][5][6] Hulle deel 'n gemeenskaplike Baskiese kultuur, afkoms en praat Baskies as moedertaal asook Spaans of Frans as tweede taal. Baske vorm 'n nasie in die noordelike outonome gemeenskap Baskeland. Streng gesproke verwys die term Baske na die bevolking van Baskeland wat net van Baskiese afkoms is.
Wêreldwyd leef tussen 2 en 3 miljoen Baske, waarvan sowat 2,4 miljoen in die Baskeland. In 'n breër sin verwys die term Baske ook na mense van Baskiese afkoms wat in die groter Baskeland (Euskal Herria) leef en Baskies praat. Die Baskeland sluit naas die outonome Gemeenskap van die Baskeland nog die outonome Gemeenskap Navarra in Spanje in asook die voormalige Franse provinsies Labourd, Neder-Navarra en Soule in.