10 September is die 253ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (254ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 112 dae in die res van die jaar.
Gebeure
422 – Pous Celestinus I volg Pous Bonifatius I op.
1515 – Pous Leo X stel Thomas Wolsey, aartsbiskop van York, aan as kardinaal.
1523 – Pous Adrianus VI stel Willen van Enckenvoirt, biskop van Tortosa, aan as kardinaal.
1721 – Die Groot Nordiese Oorlog eindig.
1770 – Pous Clemens XIV stel Scipione Borghese, titulêr aartsbiskop van Teodosia en Giovanni Battista Rezzonico, prefek van die Apostoliese Paleis aan as kardinaal.
1813 – Die Slag van Eriemeer vind plaas tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 .
1891 – Die NG gemeente Rondebosch stig af van die NG gemeente Wynberg .
1939 – Tweede Wêreldoorlog : Ná die Inval van Pole sluit Kanada by die Geallieerdes aan.
1974 - Portugees-Guineë verkry sy onafhanklikheid as die Republiek van Guinee-Bissau .
1987 – Begin van die Slag van Cuito Cuanavale in Angola , die grootste veldslag in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog .
1988 – Steffi Graf van Duitsland word slegs die derde vrou wat tennis se Grand Slam verower, toe sy die VSA -opetoernooi wen.
2005 – Michael E. Brown , Chad Trujillo en David Lincoln Rabinowitz ontdek Disnomia , sover bekend die enigste natuurlike satelliet van die dwergplaneet Eris .
2024 – Die Polaris Dawn private menslike ruimtevlugsending wat deur SpaceX bestuur word, word gelanseer in die Verenigde State .
Geboortes
1169 – Alexios II , keiser van die Bisantynse Ryk († 1183 ).
1487 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III ), die 221ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1555 ).
1659 – Henry Purcell , Engelse orrelis en komponis († 1695 ).
1870 – Prof. Gabriël Gideon Cillié , Afrikaanse opvoedkundige en kultuurleier († 1958 ).
1886 – H.D. , Amerikaanse aktrise, digter en memoirskrywer († 1961 ).
1897 – Georges Bataille , Franse filosoof en digter († 1962 ).
1897 – Hilde Hildebrand , Duitse aktrise en sangeres († 1976 ).
1898 – Bessie Love , Amerikaanse aktrise († 1986 ).
1915 – Edmond O'Brien , Amerikaanse akteur († 1985 ).
1931 – Philip Baker Hall , Amerikaanse akteur († 2022 ).
1933 – Rita Roberts, Suid-Afrikaanse sopraan.
1933 − Karl Lagerfeld , Duitse-Franse modeontwerper, fotograaf en kostuummaker († 2019 ).
1937 – Jared Diamond , Amerikaanse geograaf, historikus, voëlkenner en skrywer.
1941 – Christo Wiese , Suid-Afrikaanse miljardêr-sakeman.
1948 – Judy Geeson , Engelse aktrise.
1953 – Amy Irving , Amerikaanse aktrise.
1953 – Michael Schønwandt , Deense dirigent.
1960 – Colin Firth , Engelse akteur en vervaardiger.
1969 – Johnathon Schaech , Amerikaanse akteur en vervaardiger.
1972 – James Duval , Amerikaanse akteur en vervaardiger.
1974 – Ryan Phillippe , Amerikaanse akteur en vervaardiger.
1982 – Heino Schmitt, Suid-Afrikaanse akteur.
1984 – Harry Treadaway , Engelse akteur.
1984 – Luke Treadaway , Engelse akteur.
Sterftes
210 v.C. – Qin Shi Huang , eerste keiser van China (* 260 v.C. ).
1167 – Matilda van Engeland (* 1102 ).
1797 – Mary Wollstonecraft , Engelse skrywer, filosoof en kampvegter vir vroueregte (* 1759 ).
1883 – Hendrik Conscience , Vlaamse skrywer (* 1812 )
1961 – Leo Carrillo , Amerikaanse akteur en sanger (* 1880 ).
1961 – Wolfgang von Trips , Duitse motorrenjaer, sterf weens 'n noodlottige ongeluk tydens die Italiaanse Grand Prix (* 1928 ).
1979 – Agostinho Neto , Angolese politikus, 1ste President van Angola (* 1922 ).
1975 – Hans Swarowsky , Oostenrykse dirigent (* 1899 ).
1983 – John Vorster , Suid-Afrikaanse politikus, sewende Eerste Minister van Suid-Afrika (1966–1978) en vierde Staatspresident van Suid-Afrika (1978–1979) (* 1915 ).
1996 – Joanne Dru , Amerikaanse aktrise (* 1922 ).
2007 – Jane Wyman , Amerikaanse aktrise (* 1917 ).
2011 – Cliff Robertson , Amerikaanse akteur (* 1923 ).
2014 – Richard Kiel , Amerikaanse akteur (* 1939 ).
2017 – Harry Landers , Amerikaanse akteur en regisseur (* 1921 ).
2018 – Jannie Geldenhuys , voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (* 1935 ).
2020 – Diana Rigg , Engelse aktrise (* 1938 ).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae