Infrastructure tools to support an effective radiation oncology learning health system
Inhoud
| |||||
Nasionale leuse: Peace, Unity, Liberty (Engels vir: "Vrede, Eenheid, Vryheid") | |||||
Volkslied: Patriots of Micronesia (Engels vir: "Patriotte van Mikronesië") | |||||
Hoofstad | Palikir | ||||
Grootste stad | Weno | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Federale parlementêre republiek onder 'n onpartydige demokrasie Wesley Simina Aren Palik | ||||
Onafhanklikheid • Huidige grondwet
• Verdrag oor vrye assosiasie |
van die Verenigde State 10 Mei 1979 3 November 1986 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
702 km2 (177ste) 271 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2019-skatting - Digtheid |
104 468[1] (181ste) 158,1 / km2 (75ste) 409,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,628[3] (134ste) – medium | ||||
Gini (2013) | 40,1[4] – medium | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar ($) (USD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+10 en +11) nie toegepas nie (UTC+10 en +11) | ||||
Internet-TLD | .fm | ||||
Skakelkode | +691 |
Die Gefedereerde State van Mikronesië (Engels: Federated States of Micronesia, kort FSM) is 'n eilandnasie in die Stille Oseaan en Oseanië net noord van die ewenaar. Dit beslaan 'n oppervlakte van 702 km² en het 'n bevolking van 104 468 in 2019 gehad. Die naam "Mikronesië" is afgelei van Grieks μικρός, mikrós vir "klein" en νῆσος, nêsos vir "eiland", letterlik: "klein eilande". Die Gefedereerde State van Mikronesië bestaan uit sowat 600 eilande van die Karoline-eilande; die aangrensende Palau beslaan die ander deel van dié argipel.[5]
Die Gefedereerde State van Mikronesië is in die ooste van Palau en die Filippyne, in die suide van die Noordelike Mariana-eilande, in die suidweste van die Marshalleilande, in die weste van Kiribati, in die noordweste van Nauru en in die noorde van Papoea-Nieu-Guinee en die Salomonseilande geleë. Die hoofstad is Palikir en die grootste stad is Weno.
As gevolg van die Spaans-Amerikaanse Oorlog is die argipel in 1899 deur Spanje aan die Duitse Keiserryk verkoop en by Duits-Nieu-Guinee ingelyf. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is dit deur Japan beset en het na die oorlog 'n Volkebond-mandaat geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Verenigde State beset en het in 1947 'n trougebied van die Verenigde Nasies geword. Op 10 Mei 1979 het vier van die trougebied se distrikte 'n nuwe grondwet aanvaar en het die Gefedereerde State van Mikronesië geword. Die Marshalleilande, Palau en die Noordelike Mariana-eilande het besluit om nie deel te word nie. Die Gefedereerde State van Mikronesië het op 3 November 1986 'n Verdrag oor vrye assosiasie met die Verenigde State onderteken, waarmee dit 'n onafhanklike land geword het. Die Verenigde State is nog steeds vir die verdediging van die Gefedereerde State van Mikronesië verantwoordelik.[6]
Deelstate
Die Gefedereerde State van Mikronesië is onderverdeel in vier deelstate:
Vlag | Deelstaat | Hoofstad | Huidige Goewerneur | Land | Bevolking[7] | Bevolkingsdigtheid | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
km²[8] | myl² | per km²[7] | per myl² | |||||
Chuuk | Weno | Johnson Elimo | 127 | 49,2 | 54 595 | 420 | 1088 | |
Kosrae | Tofol | Lyndon Jackson | 110 | 42,6 | 9 686 | 66 | 170 | |
Pohnpei | Kolonia | John Ehsa | 345 | 133,2 | 34 685 | 98 | 255 | |
Yap | Colonia | Tony Ganangyan | 118 | 45,6 | 16 436 | 94 | 243 |
Verwysings
- ↑ (en) "NA". FSM Statistics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2020. Besoek op 10 Junie 2020.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Micronesia". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 14 Mei 2023.
- ↑ (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 14 Mei 2023.
- ↑ (en) "Gini Index – Micronesia, Fed. Sts". Wêreldbank. Besoek op 14 Mei 2023.
- ↑ (en) "Micronesia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Mei 2023.
- ↑ (en) "Micronesia, Federated States of". Central Intelligence Agency. Besoek op 14 Mei 2023.
- ↑ 7,0 7,1 (en) "Population". Regering van die Gefedereerde State van Mikronesië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2012. Besoek op 17 April 2016.
- ↑ (en) "Geography". Regering van die Gefedereerde State van Mikronesië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 17 April 2016.
Bronnelys
- Algemeen
- (en) "Micronesia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Mei 2023.
- (en) "Micronesia, Federated States of". Central Intelligence Agency. Besoek op 14 Mei 2023.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gefedereerde State van Mikronesië.
- (en) Toerisme-inligting oor Gefedereerde State van Mikronesië op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf van die regering
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|